Waar Christen-wees ‘n leefstyl is...
Ons is ‘n Christelike gemeente geleë in Randfontein. Ons beskou Jesus Christus as ons rolmodel en daarom is Hy die middelpunt van al ons projekte. Ons doel is juis om die gemeenskap bewus te maak van Hom deur middel van ons projekte en aktiwiteite.
Om hierdie droom te bereik moet ons mense ontwikkel om hul volle potensiaal te bereik deur middel van:
• ‘n Passie vir God
• ‘n Passie vir integriteit
• ‘n Passie vir mense
• ‘n Passie vir diens
• ‘n Passie vir ons dorp