Om God en mens liewer te hê
LewenSentrum ontstaan met die openingsdiens van Alberton LewenSentrum op 10 Oktober 1999. Dit was die fisiese geboorte van die nuwe gemeente.
Andries Enslin, was 'n pastoor in 'n AGS-gemeente. Hy het van sy bekeringsdae af die begeerte gehad om 'n gemeente te begin. Ongeveer 1995 het hy dit oorweeg om in Alberton 'n gemeente te begin.
LewenSentrum is nie verbonde aan enige denominasie nie. Ons is 'n interkerklike onafhanklike gemeente. Die rede hiervoor het te doen met ons bedieningsfilosofie en ons toekomsdrome. Ons begeer om in die toekoms meer gemeentes met dieselfde filosofie te begin. As u ons sou vra wie ons is, sou ons u so antwoord: 'n kerk tussen die Drie Susterskerke en die Pinksterkerke.
Ons probeer om 'n middeweg te vind tussen die twee denominasies. Intussen het
LewenSentrum bly groei en is daar intussen ook benewens Alberton, gemeentes in Benoni, Ruimsig, Kaap en Ballito geplant.
Ons probeer om Jesus se grootste gebod te volg:
• nie teologie, dogma of liturgie nie
• nie tradisie, kultuur of smaak nie
• nie verskillende denominasies en gestryery nie maar ...
Matteus 11:29 "Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele 30 want my juk is sag en my las is lig."
DVD-preke teen R30 elk (Slegs Alberton Gemeente)
CD-preke teen R20 elk