Annie's Meals bied tuisgemaakte gevriesde babakos op bestelling aan besige mammas wat wil verseker dat hulle babas gebalanseerde etes eet.
Ons is twee vriendinne wat die behoefte aangehoor het van mammas wat graag tuisgemaakte, gesonde babakos in die vrieskas beskikbaar wil hê vir tye wanneer daar nie tyd is vir kook nie. Ons het gevolglik 'n spyskaart uitgewerk vir babas vanaf 6 maande tot 1 jaar en besluit om die kos op bestelling aan te bied. Vanweë Ulco se ligging, het ons sperdatums opgestel vir aflewerings in Kimberley en Bloemfontein. Kontak ons enige tyd vir meer inligting:
Dricky Wessels: 084 4000 470
Sunette van Staden: 083 5785 708