Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies (Aros). Onderwysersopleiding in Suid-Afrika.
Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies (Aros) is in die hart van die Moot, ongeveer vyf minute van die N1, in Pretoria geleë. Hier is maklike toegang tot 'n wye verskeidenheid winkelsentrums, skole en besienswaardighede.
Die kampus in Waverley is oor naweke 'n miernes van bedrywighede soos studente tussen klasse beweeg, kuier op die grasperke, die kafeterië besoek, opdragte in die biblioteek afhandel en saam om 'n skootrekenaar sit en die laaste notas voor 'n toets deurgaan.
Met die akkreditasie en registrasie van Aros op 23 Januarie 2012 as private instansie wat ‘n BEd in Grondslagfaseonderwys aanbied, het ons ‘n nuwe, dinamiese era betree.
Aros maak van 'n a-model gebruik. Kontaksessies word aangebied op Vrydae of Saterdae, afhangende van die student se voorkeur, en deur die week vind skakeling deur middel van ons eie e-leer platform, e-Klas, plaas. Die afgelope jare het gewys dat Aros-studente gedurende hulle studies ontwikkel tot selfstandige studente wat puik in die onderwysomgewing funksioneer.
Beide die BEd Grondslagfaseprogram en die Diploma in Graad R-onderwys is geknip op die patroon van die nuutste besinning en nadenke oor onderwysersopleiding in Suid-Afrika. In hierdie opsig beskik Aros dus oor ‘n nuwe en eietydse program.
Visie en missie
Visie
Om ʼn Christelike reformatoriese tersiêre opleidingsinstelling van uitnemendheid te wees, gegrond op die Skrif en gereformeerde belydenis, in die lig van die heerskappy van Christus oor die skepping.
Missie
Om tersiêre onderrig en leer aan te bied, eerstens vir die opleiding van onderwysers en verder ook vir ander rigtings en gemeenskapsbetrokkenheid, verbandhoudende navorsing en publikasies. Dit word alles gedoen deur studente te begelei om ʼn Bybelse lewens- en wêreldbeskouing te ontwikkel soos Christus as enigste en hoogste Leermeester leer, deur hulle toe te rus om hul lewe en werk as roeping en opdrag in diens van Christus te beskou. Daarmee word die gemeenskap en die wetenskap in die lig van die SA samelewingskonteks gedien en word daar hierdeur bygedra tot die vernuwing van die samelewing, alles volgens die wil en tot eer van God die Vader, die Almagtige.
Onderwysersopleiding in Pretoria, Suid-Afrika. BEd Intermediêrefase, BEd Grondslagfaseprogram en Diploma in Graad R-onderwys.
"Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies Aros is ʼn privaat Christelike hoëronderwysinstelling wat roepingsgedrewe studente oplei om die onderwysprofessie met kundigheid te betree. Die onderwyslandskap in Suid-Afrika is dinamies met heelwat uitdagings en ʼn groot tekort aan onderwysers. Aros wil graag studente toerus om ʼn verskil in die onderwyslandskap te maak.Aros se kampus is in Montana Park, Pretoria geleë. Hier geniet ongeveer 2 100 studente ʼn unieke studentelewe. Hier gaan jy vriende maak, kollegas ontmoet en hard werk! Dis 'n fees om 'n Arrie te wees!"