facebooktwitterpinterest

Reviews, get directions and information for Bosveldsig Sekuriteit Aftree-oord

Bosveldsig Sekuriteit Aftree-oord

About

Bosveldsig Aftree-oord is geleë op die hoogste gedeelte van Nylstroom, naby die bekende watertoring met 'n uitsig oor die Waterberge.

Description

Wanneer 'n mens die dag aftree wil jy graag veilig en rustig woon met alles wat die lewe aangenaam maak. Terseldertyd wil 'n mens egter ook 'n vriendelike en aangename atmosfeer, maksimum veiligheid en finansiële gemoedsrus hê. Jy wil naby dokters, winkels, banke, kerke en ontspanningsgeriewe woon.

BOSVELDSIG bied dit alles en nog baie meer. Die aftree-oord is geleë op die hoogste gedeelte van Nylstroom, naby die bekende watertoring met 'n uitsig oor die Waterberge met sy klowe en pragtige bome.

NYLSTROOM is 'n bekoorlike plattelandse dorp met skoon, onbesoedelde lug en pragtige natuurskoon. Die dorp lê een en 'n half uur se ry noord van Pretoria met 'n gerieflike snelweg. Nylstroom het 'n baie aangename, gelykmatige klimaat met soel someraande en warm wintersdae. Die finale fase van BOSVELDSIG is vir persone met geen kinders onder 18 jaar. Kinders, kleinkinders, familie en vriende mag kom kuier wanneer hulle wil. Klein troeteldiere word toegelaat.

DIE FASE bestaan uit 11 groot erwe waar u die boustyl, plan en afwerkings kan kies. Asook 41 wooneenhede wat vooraf gebou word. Die vooraf geboude eenhede in die Fase bestaan uit 2 slaapkamers, 2 badkamers met "skylights", 'n ruim sit-eetkamer, oop plan kombuis met aparte opwas. U het 'n keuse tussen enkel of dubbel motorhuis. 10 dubbel motorhuis-eenhede en 31 enkel motorhuis-eenhede word gebou. Die materiaal en afwerkings is van hoogstaande gehalte. Die struktuur word met Kiaat Travertine sierstene gebou en Terracotta beton dakteëls word vir die dakke gebruik. Koppelings vir 'n wasmasjien en skottelgoedwasser word voorsien. Die kombuis is toegerus met 'n Defy waaieroond met aparte plate en 'n uitsuigapperaat. Die kombuiskaste sluit 'n hoek-kruidenierskas in. Die kombuis sowel as die badkamers se mure is tot teen die plafon geteël. Teëls word op alle vloere, behalwe die twee slaapkamers aangebring. 'n Duursame mat nl. "Tuscany", uit die Belgotex reeks, word in die twee slaapkamers voorsien. Die oprit en die paadjie na die voordeur word plavei. By voltooiing van die projek sal BOSVELDSIG uit 8 FASES bestaan met 'n totaal van 430 huise. Sewe van die agt fases is reeds voltooi. Elke fase is afsonderlik beveilig met sy eie veiligheids omheining, outomatiese beheerde hek en interkomstelsel.

Dié Finale fase se OMHEINING is geëlektrifiseer. Niemand kan by 'n fase ingaan as 'n persoon nie deur die inwoners ingelaat word nie. Daar is dus geen wagte by die ingange nie. Ons glo dat kleiner fases beter beveilig kan word as een groot ontwikkeling.
Aangesien die ingangshek en interkomstelsel aan die inwoners van 'n fase behoort, word daar 'n klein komitee deur die inwoners gekies wat dan die instandhouding van die stelsel onderhou. 'n Fooi van R50 per maand per huishouding word gehef.

Die koper ontvang VOLTITEL en OORDRAGSKOSTE is ingesluit. Voltitel van u woonhuis beteken dat alle waardestygings u toekom. In aftree oorde met 'n beheerliggaam ontvang persone wat hulle huise verkoop dikwels net hul oorspronklike koopprys of 'n geringe styging in die waarde daarvan. In Bosveldsig ontvang u die volle waarde van u huis wanneer u dit weer verkoop.
Die eienaar ontvang slegs 'n munisipale rekening vir waterverbruik, erfbelasting, riool en vullisverwydering. Die eenhede in die finale fase word toegerus met 'n Eskom kragkaart stelsel . Die stadsraad is verantwoordelik vir die instandhouding van die paaie,straatligte en ander dienste in die fases.Geen addisionele heffings is betaalbaar nie. Enige persoon wat 'n RUSTIGE, aangename klimaat, VEILIGHEID en finansiële GEMOEDSRUS soek en tog naby groot stede wil woon, kan met gerustheid belê in ’n aftree-huis in BOSVELDSIG. Dit is ook 'n baie goeie beleggings geleentheid en verhuring is baie gewild.



"Bosveldsig Aftree-oord is geleë op die hoogste gedeelte van Nylstroom, naby die bekende watertoring met 'n uitsig oor die Waterberge."
Address: 28 Maroela Ave, 0510 Nylstroom
Phone: 0147173654
Email: az.oc.gisdlevsob@ofni
City: Nylstroom
Street Number: 28 Maroela Ave
Zip Code: 0510
categories: real estate investment firm


Opening Hours

Monday: 08:00 - 16:30
Tuesday: 08:00 - 16:30
Wednesday: 08:00 - 16:30
Thursday: 08:00 - 16:30
Friday: 08:00 - 12:30


related searches: Modimolle Retirement Village, Houses to rent at Bosveldsig Modimolle, Bosveldsig property for sale, Property for sale in kokanje retirement Village, Huur huise in aftree oord, Aftree oorde in die bosveld, Aftree oorde in Limpopo, Naboomspruit Aftree oord
Reviews
Great to live here awesome people try it
I found it beautifull
Bushveld at its best! Quiet and well-managed.
Will recommend it for the pple who wants to retirement and want a safe place to stay
Safe and comfortable living
very nice and quiet place
Amazing place so clean and quiet
Nice and clean place
Excellent choice for retirement
Neat and clean.
Comment on this place