Crafty Kids Volksrust
By Crafty Kids raak kinders speel-speel kreatief. Ons maak speelgoed en versierings, geskenke en skilderye. Ons werk met klei, papiermâché, gips, stysel, kryt en pastille. Ons verf met akriel-, glas-, water- en materiaalverf. Alles word voorsien en dit wat jy maak is joune! Verbeter jou handvaardigheid en konsentrasie in 'n ontspanne en liefdevolle atmosfeer