Gordyne, blinders,meubels, stoffering,ligte.
Decor Studio is n Interieur besigheid in Bethlehem.
Ons het n werkswinkel, waar ons gordyne,romeinse blinders, comforters/quilte, fopblinders, bedlinne, kussingkies en so meer vervaardig.
Ons 2de werkswinkel is waar ons meubels stoffeer, kappe maak, stokke,wegbinders en so meer maak.
Ons het n showroom waar ons van al die bekende verskaffers materiaal sample boeke aanhou. Van stoffering tot gordyn voorbeelde.
Het ook n verskeidenheid effe kwaliteit gordynmateriale in voorraad, teen spesiale pryse.
Ons doen ook die installasies van die gordyne,relings, stokke ens. Al wat die klient moet doen is om materiale te kies, en ons doen die res.
Ons het al verhoog gordyne, stadsale, hospitale, gastehuise en privaathuise gedoen.
Kliente kan enige tyd na die showroom kom, na die materiaal voorbeelde kyk en kwotasies aanvra.
Ons gaan ook na kliente se huise, om mates te neem en voorstelle te maak vir gordyne, kappe, stoffering ens. en van daaraf n kwotasie te doen.
Ons werk is nie net beperk tot Bethlehem nie, ons gaan enige plek waar kliente kwotasies wil he. Ons het al werk in Qwa-Qwa, omliggende dorpe van Bethlehem, Winterton, Johannesburg ens gedoen.
Geen plek is vir ons te ver om te veel moeite om te gaan kwoteer nie.
Skakel ons enige tyd vir n gratis kwotasie.
Vriendelike groete
Arina Havenga &
Elsjene Swart
058 303 8868
082 4300 800