Ds Annezel Meiring.
B.T.H. (Teologie4),MDIV II,
Skripsie tema:
Bybelse hermeneutiek en die pastorale perspektief op hedendaagse persoonlike krisisse.
Soms raak die uitdagings van die lewe net te veel en oorrompel ons.
Verraai. Beledig. Gebruik. Nutteloos. Geminag. Vergete. Mishandel. Verkleineer. Bedrieg. Afgestomp. Stoksielalleen. Mislei. Hartseer. Bespot. Gevandaliseer. Verkrag. Misverstaan. Verkeerd. Verslaaf. Verslaan. Verward. Verdruk. Gekwes. Uitgesluit. Uitgebuit. Onbelangrik. Teleurgesteld.
Baie van ons ervaar van tyd tot tyd hierdie emosies en probleme en voel dan skaam om met geliefdes of selfs vriende hieroor te praat. Kontak my, Ds Annezel Meiring, gerus vir 'n oor, 'n skouer en 'n objektiewe blik op u krisis.
Alles wat bespreek word is streng vertroulik.
Daar word 'n gemaklike ruimte geskep, met 'n ontspanne atmosfeer waar u op u gemak kan wees en net asem skep en gesels.
Ek bied die volgende berading aan:
Huweliksprobleme, emosionele trauma, depressie, angs, eetversteurings, emosionele probleme, rou-smart, sterwensbegeleiding, algemeen of jy is op soek na geestelike ondersteuning,
My kwalifikasies sluit die volgende in:
B.T.H. (Teologie4),MDIV II,
Skripsie tema:
Bybelse hermeneutiek en die pastorale perspektief op hedendaagse persoonlike krisisse.
My ure wat ek beskikbaar is Maandae - Donderdae vanaf 2-6 namiddag. Indien daar 'n krisis ontstaan kan daar reëlings getref word vir 'n afspraak in die oggend.
Reviews, get directions and information Ds Annezel Meiring Pastorale Berader.