facebooktwitterpinterest

Reviews, get directions and information for Frikkie Meyer 1987 - 1991 (1991-matrieks)

Frikkie Meyer 1987 - 1991 (1991-matrieks)

About

Die beste groep wat die Frikkies nog gesien en gehad het.

Description

Thabazimbi Hoërskool se verhaal begin op 16 Januarie 1951 met ‘n standerd 7- klas in die huidige Thabazimbi Laerskool.

Op 17 Januarie 1953, Standerd 9-klas begin 12 Januarie 1959 stap eerste matriekklas van 13 leerlinge.

‘n Akkommodasieprobleem ontstaan en op 9 Oktober 1954 word tenders aangevra vir die oprigting van Koedoekoshuis met die ingebruikneming in Januarie 1957.

Thabazimbi Groep II - skool word beëindig 31 Desember 1960 met Mnr P. B. Botha as hoof.

Mnr. N.S. Botes aangestel as waarnemende hoof Januarie 1961 - open nuwe skool.

Op 1 Februarie 1961, ds. G. P. Scheepers open die twee skole - verdeling van klaskamers, terrein en uitrusting vind plaas.

Hoërskool word betrek op 3 Oktober 1961. Skool vergader Januarie 1962 met betrekking tot naamverandering na Hoërskool Frikkie Meyer.

Onder leiding van mnr A. B. K. van Zijl vind die beplanning van die terrein plaas.

15 Maart 1961 eerste skoolkomiteeverkiesing met W. Deal as voorsitter. Beheerraad vir die Hoërskool word verkies op 29 Januarie 1962.

Mnr T. F. Potgieter (Oom Fransie) een van die eerste onderwysers van die beginjare - 30 Junie 1971 1961 - 37 Matrikulante uit leerlingtal van 442, waarvan 15 gedruip en 22 geslaag het.

Skool is vernoem na dr. Frikkie Meyer, voormalige voorsitter van Yskor, 1949 – 1966. Borsbeeld het ereplek in ingangsportaal van saal.

C. W. Ueckermann waarnemende hoof 1 Julie - 31 Desember 1966. 1976 Sportjaar! Hannelie Stopforth nuwe S. A. rekord D O/16 Hoogspring (1,78m). Hokkie, nuwe wintersport, aanlê van hokkievelde, afrigting deur mnr. F. van Wyk.

17 Mei ingebruikneming van netbal- en hokkiebane tydens ‘n groot sportdag.

1977 Toename in leerders: 606 - 684. SKool genoodsaak om die twee kleurspanne in te deel in drie. Augustus verdere aanbouings: 6 groot klaskamers, 2 laboratoriums, stoorkamers, vergrote personeelkamer.

1 April 1978 mnr P. R. Steyn word bevorder tot inpekteur van onderwys (kring). Diep spore getrap in 11 jaar en drie maande.

Weereens ‘n uitblink – sportjaar: E. van Eck stel ‘n SA-rekord op in die 2 000 m hindernis, seuns O/19 (5 min 53, 1 sek). H. Stopforth verkies as lid van Junior Springbokspan (atletiek).

2 Oktober nuwe hoof mnr. D. J. Hanekom. Mnr P. R. Steyn volg op vanaf 1967 - 1978 - opbouingsfase.

In 1967 speel eerste korfbalspan, 1970 st. 8 A – korfbalspan finale van die Transvaalse korfbalskild.

1969 Grasaanplanting, atletiekbaan, B-rugbyveld.

Eerste Atletiekinterhoër op 7 Maart 1972 en HFM wen die byeenkoms.

1973 Rugbyhoogtepunt: onder leiding van mnr Ben van Rensburg wen die eerste span die Wes-Transvaalse liga en vorder tot die kwarteinstryd van die direkteurstrofee. 59 Leerlinge skryf matriek - 98 % slaagsyfer.

1974 - 72 kandidate skryf matriek - 23 A-simbole word behaal word behaal.

Januarie 1975 skool word gegradeer as H1 - skool.

Nuwe netbalbane met behulp van Yskor, aankoop van skoolbus. Matrieks behaal 100 % slaagsyfer.

Mnr D. J. van Tonder, adjunkhoof, word gesekondeer na Goudstadse Onderwyskollege. Matrikulante behaal weereens ‘n 100 % slaagsyyfer.

Januarie 1979 D. J. Hanekom hoof van Hoërskool Frikkie Meyer. 31 Januarie aftrede Oom Markus Fourie (Faktotum 17 jaar).

2 Maart Frikkie Meyer verower sangbeker, Interhoër op Brits 11 Mei, breëborsdag, ingebruikneming van aanbouings – kadetorkes speel die skoollied onder leiding van me L. Kruger en mnr V. Wentzel.

November, die eerste skoolkoerantjie, Eersteling, onder leiding van Me L. Heyns.

1980 HFM wen die sangbeker.

HFM bied 1981 Interhoër aan. Wen sangbeker vir die 3de maal.

1982: Oom Pieter Swart word gekies as voorsitter van die ouerkomitee vir die 21 ste jaar agtereenvolgend! 3 Mei viering van mondigwording van HFM - pretdag met ‘n marathonwedloop van Pretoria na Thabazimbi deur die landloopspan.

Kerneels Erasmus vleuel van SA-skolespan, Danievan Vuuren silwer medalje - SO/17 800 m (1 min.57.7 sek) SA Junior Atletiekkampioenskappe.

1983! SO/17 atletiekspan wen Rentmeester Prestige byeenkoms. I. Welgemoed wen ‘n kompetisie (R1000.00) van die koerant, die Transvaler vir die beste slagspreuk oor desentralisasie. Kniebuiging van Frik-klik, skoolkoerant onder leiding van Anda Smith.

1984 wen SO/17 weereens Rentmeester Prestige Byeenkoms. Die beste seunsatleet, Pieter van Deventer, wen ‘n oorsese reis. 30 Augustus eerste Sokkiejol!!!

Mnr D. J. Hanekom aanvaar hoofpos in 1986 by Hoërskool John Vorster Tegnies, Pretoria. Mnr D. A. Lotheringen, adjunk-hoof, neem waar, April 1986. Eerste Ben Albertssportdag. 3 Mei, Mnr B. van der Linde word aangestel as hoof Augustus 1986.

1987 SO/14 wen hul afdeling tydens Rentmeester Prestige Byeenkoms. Snoepie open 22 Junie.

B. Stander en P. Venter gekies vir Noordwes O/15 krieketspan.

Bosveldwintersporttoernooi April-vakansie 1990 ten opsigte van rugby, netbal, hokkie - 20 skole teenwoordig.

Mission

Ons onderneem om gereeld te
studeer en ons skooldrag met trots te dra.
Ons onderneem om te bou
en te dien en te offer wat jy van ons vra.
Op taalgebied, op sportgebied
Ons beste steeds aan jou te bied.
Frikkie Meyer, ons Skool!

Ons onderneem om eerbaar te leef
En ons Vaderland trou te dien;
Ons onderneem om die Hand van die Skepper
In alles om ons te sien;
Sy wil aanvaar in wat
ONS ONDERNEEM

Address: Tambotie Street, 0380 Thabazimbi
Phone: 0832401267
Email: az.oc.bewm@xodnub
Parking: Street
City: Thabazimbi
Street Number: Tambotie Street
Zip Code: 0380
categories: school


Opening Hours

Monday: 07:00 - 13:00
Tuesday: 07:00 - 13:00
Wednesday: 07:00 - 13:00
Thursday: 07:00 - 13:00
Friday: 07:00 - 13:00


related searches: Frikkie meyer 1987 1991 1991 matrieks thabazimbi reviews
Similar places near
H/school Frikkie Meyer Cod H/school Frikkie Meyer Cod 106 meter Very nice friendly. Well maintained school.
Hoerskool Frikkie Meyer, Thabazimbi Hoerskool Frikkie Meyer, Thabazimbi 244 meter Very nice friendly. Well maintained school.
Westmeadow Onderwys Westmeadow Onderwys 828 meter Impak based Home school Tutor.
Thabazimbi Christian School Thabazimbi Christian School 1 miles Thabazimbi Christian School is an Individual Christian based Education System.
Groenvley tuisskool Groenvley tuisskool 1 miles My eie kind sukkel skolasties en op daardie stadium was ek werkloos. Ek is 'n gekwali...
Frikkie Meyer Hoërskool Thabazimbi Frikkie Meyer Hoërskool Thabazimbi 1 miles Very nice friendly. Well maintained school.
Advanced College Thabazimbi Advanced College Thabazimbi 1 miles Excellent college the best good aducation.
Hoerskool Frikkie meyer Hoerskool Frikkie meyer 1 miles Very nice friendly. Well maintained school.
Thabazimbi Kickboxing Thabazimbi Kickboxing 1 miles KICKBOX AND MARTIAL ARTS TOURNAMENT TRAINING / SELF DEFENCE,WEAPON AND KATA TRAINING ...
Ysterberg Primary School Ysterberg Primary School 1 miles For this was the best primary school I have ever been !! I didn't even change school ...
Bantshema Driving School Bantshema Driving School 2 miles We are a Driving School based in Thabazimbi. We have been operating since 2007 we ar...
Mabogopedi Secondary School Mabogopedi Secondary School 2 miles Just exciting to there and participate on a parental meeting
True North Aviation True North Aviation 7 miles Aircraft and Helicopter Pilot Training, Charters, Helicopter Services, Aerial Applica...
Comment on this place