Mense wat belangstel in om ons te ondersteun met fondse vir selfbeskikking en grond te bele vir behuising en verdere groei kan ons hulle eposse inbox.
Hartland Stigting is op 12 Mei 2014 te Orania opgerig met die doel om 'n lewensvatbare en volhoubare grondgebied vir die Afrikanervolk te help bewerkstellig met die oog op verwesenliking van selfbeskikking, onafhanklikheid en vryheid. HS spruit uit die Afrikaner Vryheidstigting (AVSTIG) wat in 1987 tot stand gekom het met as doel praktiese beslag aan die vryheidstrewe van die Afrikaner. AVSTIG is in 2000 omskep in die Orania Beweging, wat fokus op Orania as praktiese groeipunt vir uiteindelik 'n onafhanklike Afrikanersvolkstaat. HS neem egter die vryheidstrewe 'n stap verder en streef en werk vir 'n groter grondgebied vir die Volkstaat wat basies strek van Orania tot aan die Weskus. Vir die HS gaan dit oor die identifisering van 'n streek wat as Afrikanerstaat lewensvatbaar sou wees, daarin meer groeipunte te vestig en uiteindelik te beweeg na 'n situasie waardeur 'n politieke skikking met die Suid-Afrikaanse regering, die nuwe Afrikanerstaat tot stand kan kom. Dit is vanwaar die Hartland Stigting kom en waar dit tans staan.
Welkom by Hartlandstigting
Die Hartland Stigting is gegrond op die volgende beginsels:
Erkenning van, geloof in en diens aan God as die Albeskikker van die lot van volke en nasies, ook van die Afrikanervolk.
Ons missie is gegrond op die internasionaal erkende reg dat alle volke en nasies vry mag wees deur selfbeskikking in 'n eie grondgebied toe te pas.
Hartland Stigting is 'n natuurlike tuiste vir alle Afrikaners wat hul volkstaat wil vestig.
Vergesig
Uitbreiding van die Volkstaat van Orania tot die Weskus op welke manier ookal bekombaar.
Dit kan pro- aktief bevorder word deurs vestiging van nuwe nuwe gemeenskappe en groeipunte, en/of deur die sluit van bondgenootskappe met ander mense en/of groepe in bestaande gemeenskappe, in en om die gemelde geografiese gebied.
In welke gebied ookal, is dit die Stigting se strewe om Afrikaner se invloed te vergroot op elke terrein.
Erkenning en bevordering van, en verbondenheid met bestaande inisiatiewe deur ander groeperinge en mense, wat oorwegend belyn is met bree strewe na 'n Volkstaat vir die Afrikaner.
Fassiliteer gesprekvoering en bevorder samewerking tussen verskillende organisaies en groeperings wie die gemeenskaplike doelwit van Afrikaner Selfbeskikking najaag.
Bevorder en verbeter die ekonomiese vooruitsigtige van die Afrikaner.
Bevorder die Afrikaner se kultuur- erfenis op elke moontlike terrein.
Prakties
Werf lede om die voetspoor van die Stigting so groot as moontlik te maak.
Indentifiseer die tipe vestiging wat mees waarskynlik vir n gegewe plek is.
Neem insiatiewe om die Vergesig te bevorder, en ook om die energie onder die Afrikaners onder so wyse te kanaliseer dat maksimale voordeel tot gevolg he.
Sluit memorandums van verstandhouding met eendersdenkende organasaies.