Een skool...Een hart
ONS VISIE
DIE BEHEERLIGGAAN VAN HTS MIDDELBURG STREEF DAARNA:
•Om 'n christelike opvoedkundige instansie te wees
•Om deur die leiding van ons Hemelse Vader besluite te neem
•Om konsensus oor besluite te kry sonder enige stemming
•Om ons pligte getrou na te kom
•Om die beeld van die skool uit te bou
•Om oor professioneel gekwalifiseerde personeel met deurlopende opleiding te beskik
•Om ouer-, onderwyser- en leerlingbetrokkenheid te bevorder
•Om te verseker dat die begroting klop
•Om noue skakeling met Mpumalanga Onderwys Departement te hê
•Om te alle tye pro-aktief te wees
•Om te verseker dat die onderrigmedium aan die behoeftes van leerders en ouers voldoen
•Om die nodige bronne te verskaf om kwaliteitsonderwys te verseker
•Om beroepsgerigte internasionaal erkende opvoeding te verseker
•Om die gemeenskap te dien en van beroepsgerigte leerders te voorsien
•Om gelukkige leerders wat uitnemend presteer op te voed
•Om 'n vriendelike, openlike en gelukkige leeromgewing te skep
•Om die gemeenskap van ons skool met oortuiging te dien en te ondersteun
Die skool vind sy grondslag in die aanvaarding
van die Bybel as die woord van God. As
opvoedkundige instansie wil ons kinders met
beroepsgerigte, internasionaalerkende opvoeding
na behoorlike volwassenheid lei.
Die skool se opgeleide en doelgerigte personeel
sal die vermoëns van ons kinders mobiliseer ter
bereiking van hulle ideale en die verwesenliking
van ons skoolbeleid soos verwoord in die
grondwet.
Die strewe van ons skool is om gekwalifiseerde en
gemotiveerde landburgers te help vorm en om by
te dra tot die ontwikkeling van die gemeenskap.
Ons streef na uitnemendheid op elke terrein van
die lewe.
Rooies sweetpakke
Rooies sportdraf
Rooies Netbalrokkie,
Rooies Hokkierokkie
Rooies Rugbytruie
Rooies Krieketklere
Matriekdasse
Seunspette
Sportpette
Serpe