Hoërskool Prieska is 'n gekombineerde skool gebaseer in Prieska, Noordkaap, Suid Afrika.
Oor die jare het Hoërskool Prieska verskeie top studente gelewer aan die gemeenskap en gaan voort om so te doen. Daar is vele Alumni wat kan getuig oor die gehalte onderrig wat hulle by HSP ontvang het. Die skool het 'n indrukwekkende slaagrekord van 100% vir 'n hele aantal opeenvolgende jare, wat jaarliks groei.
HSP lewer elke jaar talle studente wat hulle studies vêrder bevorder by verskeie van die Top Universiteite in die land. Ons ontvang gereeld positiewe terugvoer oor hul goeie prestasies op Universiteit asook in die werkplek.
Ons Glo Ons Kan!
Gebou met eer teen vaste rots
met olyf en kokerboom sy trots,
staan ons skool in son se gloei,
waar die Oranje rustig vloei.
Ons werk met hoof en hart en hand,
vir God vir Volk en vaderland.
Ons strewe na 'n ideaal,
om slegs ons beste te behaal.
Prieska dogter, Prieska seun,
onthou jul leuse dis jul steun.
Prieska dogter, Prieska seun,
onthou jul leuse dis jul steun.
"ONS GLO ONS KAN"