Die Kleuterskool is gestig in die jaar 1973, en het met elke jaar van krag tot krag gegaan! Ons is een van die min Departmentele Kleuterskole wat steeds bestaan in Middelburg en spog met dekades se ondervinding en kennis. Ons spog ook met 'n puik Beheerliggaam wat die skool bestuur en sorg dat die skool in alle aspekte net die beste lewer.
Ons Beheerliggaam:
Frans Allers (Voorsitter)
Walter Strydom (Ondervoorsitter & Skakelpersoon)
Frans Allers (Terein en Geboue)
Cecilia Roos (Wetlike Sake)
Bianca du Plessis (Finansies)
Hannelie van Dam (Hoof)
Melda Joubert (Opvoederverteenwoordiger)
Marizané de Klerk (Nie-Opvoederverteenwoordiger & Sekretaresse)
Elke jaar groei ons in elke opsig, en kan spog met die beste Hoof, Personeel, Assistente en Administratiewe peersoneel. Ons bied ook vakansieskool aan vir ons leerlinge gedurende skoolvakansies en sluit net oor Desember vir twee weke. Ons aktiwiteite deur die jaar sluit in Atletiekdag, Ouma en Oupadag, Uitstappies, Jaarlikse Konsert, Veldskool, Intrepreneursdag vir Graad R'e en nog baie baie meer. Ons jongste klassie is ons Pikkewyne (van 3maande - 1 jaar), daarna gaan die babajie na die Beertjieklas (sodra hy/sy begin opstaan en loop), hierna is die peutertjie se volgende klassie die Eendjies (1 - 2 jaar). Van hier af beweeg die kleuter dan boontoe na die groter klassies, Smurfies (2 - 3 jaar), Dwergies (3 - 4 jaar), Narre (4 - 5 jaar) en Graad R (5 - 6 jaar.)
Personeel:
Pikkewyne - Janet Muller, Anyscha Snyman, Maureen Mokoena en Esther Mosambuka
Beertjies - Adéle Louw en Esther Nkambule
Eenjies - Michelle Prinsloo, Anika Le Roux, Johanna Sindane en Thandi (Aflos)
Smurfies - Elsabé Smit en Natalie Bothma
Dwergies - Hannelie van Dam en Magda Botha
Narre - Sandra Smit
Graad R - Melda Joubert
Sekretaresse - Marizané de Klerk
Aflos Assistent - (Sal geplaas word)
Kombuis Personeel - Veronica van Dyk, Lettie Sindane en Christina Khanye
Algemene Assistente (Tuin en Terrein) Office Masilela en Frans Mahlangu.