facebooktwitterpinterest

Reviews, get directions and information for Laerskool Kruinsig

Laerskool Kruinsig

About

“DIE LAERSKOOL SONDER WEERGA”

Waar elke leerder se uniekheid tel, waar skoolgaan met entoesiasme ervaar word en lewenswenners ontwikkel word.

Description

Die geskiedenis van Laerskool Kruinsig:

8 Januarie 1980 – Laerskool Aston Nimrod open sy deure met 430 leerders en 18 tydelike personeellede. Binne ses maande na die opening van die skool word ʼn kompetisie geloots om ʼn naam vir die nuwe skool te vind. ʼn Ene juffrou van Rooyen se voorstel van Laerskool Kruinsig is en op 5 September 1980 word Laerskool Aston Nimrod amptelik herdoop tot Laerskool Kruinsig.

Laerskool Kruinsig se missie naamlik “Die verskaffing van ʼn gebalanseerde, totale, toekomsgerigte, ekonomies-effektiewe opvoedings en ontwikkelingsdiens aan die kinders van die ouergemeenskap van ons omgewing” blyk steeds verwesenlik te word as daar boekgehou sou word van die suksesvolle rolspelers in die samelewing waarvan hul opvoedkundige fondamente by Laerskool Kruinsig gelê is.

Die eerste amptelike boomplantdag vind plaas op 3 Augustus 1985 naby die plek waar Noag se lapa tans gebou is. Die leiergroep van 2014 het 8 inheemse bome (een vir elke graad) op die terrein geplant om hul tema van die jaar “Groei” te simboliseer.

In 1982 voer die Kruinies die eerste van vele musiekblyspele Met ʼn Lied in my Hart op. Vandag is die Kruinies steeds bekend vir opvoerings van hoogstaande gehalte. Na Met ʼn Lied in my Hart volg suksesvolle opvoerings Katravia, Droomboom, Gedroggie in die Gat, Plek vir Krissie en ʼn massa revue Kruinie Kapperjolle.

Skoolwapen:

Die skoolwapen is ontwerp deur Willem Loots.

Betekenis van die wapen:

Son : Bron van lewe – Dien ook as agtergrond.

Vliegtuig : Vanweë die ligging van die skool en die internasionale lughawe, is dit onmisbaar deel van Kempton Park en ook die skool.

Bybel: Deur geloof in God, asook in jouself sal jy oorwin – Dit is ook waaruit die skool se leuse “Glo en Oorwin” voortvloei. Simbolies is die Bybel ook die boek van kennis. Kennis is die doelwit van die onderwys.

Lourierkrans : ʼn Simbool van oorwinning omvou die Bybel en verwys na oorwinning deur volharding.

Skoolhoofde:

Eerste permanent aangestelde hoof – Mnr A.J. van der Merwe dien die skool en gemeenskap met uitsonderlike passie vanaf 1980 tot 2005. Gedurende 2005 tree mnr Van der Merwe uit die onderwys na 25 jaar as skoolhoof verbonde aan Laerskool Kruinsig. Diep spore is getrap en ʼn etos van uitnemendheid is gevestig gedurende die tyd

Vanaf Januarie 2006 is mnr J.H. Kruger aan die stuur van sake. Steeds streef die Kruinies na sukses op die vele terreine van opvoedende onderwys met hul oë gerig na Bo

Beheerliggaam / Skoolkomitee

Die eerste skoolkomitee van Laerskool Kruinsig het bestaan uit:

Dr W.J. Bruwer (Voorsitter),

Dr. C.J van Niekerk (Onder voorsitter),

Mnr A.J. Schoonraad (Sekretaris),

Mnr D.A Fivaz

Mnr W. H Drinkwater

Mnr J. H Lingenfelder

Mnr S. J Fick

Mev R Beetge

Die gesegde onder leerders en oud leerders – naamlik “Eenmaal ʼn Kruinie, altyd ʼn Kruinie” vind skynbaar vastrap plek in gene ook, want vandag is Mnr Werno Drinkwater – seun van een van die eerste skoolkomitee lede, verkies vir ʼn tweede termyn as Beheerliggaamlid van ons skool.

35 jaar later is Laerskool Kruinsig ʼn dinamiese Afrikaans medium laerskool met ʼn ryke tradisie en Christelike waardes wat die skool se visie “DIE LAERSKOOL SONDER WEERGA” uitleef. Laerskool Kruinsig bied steeds aan elke leerder die geleentheid om as individu te ontwikkel en met die nodige selfvertroue om hom-/haarself te kan handhaaf. Ons is vol geloof dat oor ʼn verdere 35 jaar Laerskool Kruinsig steeds ʼn dinamiese skool sal wees waar elke leerder se uniekheid tel, waar skoolgaan met entoesiasme ervaar en lewenswenners ontwikkel word.



"Laerskool Kruinsig se missie naamlik “Die verskaffing van ’n gebalanseerde, totale, toekomsgerigte, ekonomies-effektiewe opvoedings- en ontwikkelingsdiens aan die kinders van die ouergemeenskap van ons omgewing en ‘n gesindheid van uitreiking na die breër minder bevoorregte gemeenskap” blyk steeds verwesenlik te word as daar boekgehou sou word van die suksesvolle rolspelers in die samelewing waarvan hul opvoedkundige fondamente by Laerskool Kruinsig gelê is."
Address: c/o Veld and Fiskaal Streets, 1630 Kempton Park, Gauteng
Phone: +27119724147
Email: az.oc.seiniurk@neemegla
City: Kempton Park
Street Number: c/o Veld and Fiskaal Streets
Zip Code: 1630
categories: public school, elementary school


Opening Hours

Monday: 07:30 - 14:00
Tuesday: 07:30 - 14:00
Wednesday: 07:30 - 14:00
Thursday: 07:30 - 14:00
Friday: 07:30 - 13:00


related searches: Laerskool Kruinsig school fees, Laerskool kruinsig geskiedenis, Laerskool kruinsig vraestelle, Laerskool kruinsig personeel, Laerskool kruinsig kempton park fees, Laerskool kruinsig kempton park reviews, Laerskool kruinsig kleredrag, Laerskool impala
Similar places near
Maranatha Christian School Kempton Maranatha Christian School Kempton 186 meter The application process for secondary scholars to attend this school is no walk in th...
Maranatha Community Church Maranatha Community Church 195 meter Pastor Leonard delivers a message from the Bible that doesn't only punch straight to ...
Shangri-La Academy Shangri-La Academy 254 meter I've been here since Grade 2 and it is really an amazing school. All the kids are rea...
A Place Like Home A Place Like Home 387 meter A Place Like Home offers a personalized School from Grade 1 tot Grade 12. We send our...
Dance school Fouete Dance school Fouete 614 meter RAD Ballet lessons from 3 years, Modern and Tap lessons. Dance school takes part in I...
Chef MLK School of Cooking Chef MLK School of Cooking 776 meter A quick stop at the Christmas in July market to support Chef MLK School of Cooking we...
Wimpy SA Wimpy SA 779 meter Enjoy Every Moment
Kiddies Haven Pre-school Kempton Park Kiddies Haven Pre-school Kempton Park 963 meter Kiddies Haven is an awesome school
Ajay's Art School Ajay's Art School 979 meter This retreat is a must on any aspiring or recreational artist’s bucket list. It is th...
School Runningz School Runningz 984 meter Private Transport Service for Kids in Primary and Secondary Schools in Kemptonpark.
Polka Dog School Polka Dog School 1 miles A fully comprehensive dog training school teaching classes for puppies right up to co...
Kosbare Oomblikke Kosbare Oomblikke 1 miles Dagmoeder vir babatjies vanaf 2 maande tot 2 jaar
NOVA Family Martial Arts & Fitness Centre NOVA Family Martial Arts & Fitness Centre 1 miles - MMA - Kickboxing - Ladies only Kickboxing - Bully proofing - Functional fitness - B...
The Little Bumblebees Nursery School The Little Bumblebees Nursery School 1 miles Our grandson James was enrolled in November this year. He adapted within days, the lo...
Glen Marais Swim School Glen Marais Swim School 1 miles Excellent swimming school led by great management with people's skillswith profession...
School Speeches School Speeches 1 miles You won't make a mistake with one of their speeches
DKW Online 2 DKW Online 2 1 miles We are an online training solutions company that inducts and career-paths newcomers a...
Reviews
New preschool built and its an impressive building, really motivated staff and great experience.
Motivated, helpful, gifted staff making the children rediscover themselves and cultivate a love for the school.
Quality Afrikaans education
Translated by Google Excellent Afrikaans Primary School! Original Uitstekende Afrikaanse Laerskool!
Translated by Google my primary school where I meet my best friends Original my laerskool waar ek my beste friende ontmoet ht
Comment on this place