Ons streef na 'n leerder wat Christelike norme en waardes uitleef naamlik:
* Innerlike geluk
* Selfdissipline
* Gesag aanvaarding
* Meelewendheid
* Self trots
* Skooltrots
Ons streef na 'n leerder wat die skool toegerus sal verlaat met kennis en vaardigheid vir 'n stewige fondasie op die pad na volwassenheid.
Personeel
Ons streef na 'n onderwyser wat:
* Onderwys as 'n roeping
* 'n Christelike navolgenswaardige voorbeeld stel
* Die visie van sy of haar skool uitleef
* 'n Gelukkige, gebalanseerde mens is, wat met passie onderrig
* Sy of haar kennis en talente aanwend tot voordeel van sy of haar skool en gemeenskap
Ouers
* Positiewe, betrokke ouers met die regte gesindheid en volle samewerking
* 'n Gesonde ouer-onderwyser vennootskap
Gemeenskap
* 'n Lojale, meelewende gemeenskap wat daartoe verbind is om ons skool te laat leef en groei deur middel van positiewe betrokkenheid en verbintenis met die skool.