Laeveldlap is die breinkind van 'n paar vriende en beeld die mooie Laeveld uit - in woorde en in fotos.
Laeveldlap is pragtig en uniek. Die woorde, plekke en fotos op die lap is met sorg saamgestel. Op dié lap sal jy Cockney Liz van Barberton vind, Jock of the Bushveld wat deur die Laeveld getrek het, die Long Tom kanon, 'n ou plaaslike transportryerswa en vele meer. Die lap word kommersieel op cotton twirl asook denim gedruk en is 1.5m breed. Ons kan enige lengte verskaf. Dit maak pragtige tafeldoeke, plekmatjies en ander gebruiksartikels. As jy van die wildtuin en die Laeveld hou, moet jy so 'n lap in jou huis hê!