facebooktwitterpinterest

Reviews, get directions and information for Lewende Hoop Bedieninge

Lewende Hoop Bedieninge

About

Lewende Hoop is 'n bediening waarmee die ware volk van Elohiem kan identifiseer en waarin hulle hul geestelike tuiste kan vind.

Description

Ons glo dat die Godheid en ons Verlosser verkies dat ons Hom aanspreek op die manier waarop Sy aardse moeder gedoen het volgens die opdrag van die engel aan haar, en daarom gebruik ons verkieslik die Heilige Name soos getranslitereer uit Hebreeus na Afrikaans. In die plek van die vertaalde Name of titels soos God, eerder Elohiem (meervoud), in die plek van HERE is dit Yahweh, Jesus is Yahshua, en Christus liefs genoem Messiah.
Ons glo in Elohiem (God) die Vader, die Seun (Yahshua) en die Heilige Gees (Yahruach) as 'n drie-enige God, wat die Almagtige, Alomteenwoordige, Alsiende, Alwyse en Ewige is. Dat Hy, as Elohiem, ‘n Saamgestelde Eenheid, (“Enige Here”) (Markus 12:29) die Skepper is van alles en dat alles deur Hom ontstaan het.
Ons glo in Yahshua Messiah as die eniggebore Seun, wat die enigste Verlosser, Redder, Saligmaker en Koning is. Dat Hy (Yahshua) uit 'n maagd gebore is en die enigste weg na die Vader is. (Johannes 14:6).
Ons glo dat die Heilige Gees (Yahruach) die Trooster is wat deur Yahshua Messiah aan ons gestuur en gegee is om ons ook te lei, te leer, te onderrig, en van sonde en geregtigheid te oortuig. Ons glo dat die werking van al nege (9) die gawes van die Gees vandag nog van toepassing is vir elke wedergebore kind van die Almagtige. Dat die Doping van die Heilige Gees steeds ‘n noodsaaklike werklikheid vandag is.
Ons glo aan die onfeilbare Woord van Elohiem en dat die hele Skrif deur Elohiem ingegee en nuttig is "...tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid..." (2Timotius 3:16-17) om die volk van Elohiem volkome en toegerus kan wees.
Ons glo in die sending-opdrag wat Yahshua elkeen van ons gegee het volgens Mattheus 28:19 om dissipels te maak van al dié nasies en om hulle te doop en te leer om alles te onderhou wat Hy ons beveel het. Al dié nasies oor wie Sy Naam uitgeroep is (Handelinge 15:17). Ons glo in een waterdoop, onderdompeling; naamlik die doop van Johannes van bekering tot vergifnis van sondes (Markus 1:4) soos wat Yahshua Homself ook laat doop het.
Ons glo dat ons geveg nie teen vlees en bloed is nie, "...maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug..." (Efesiërs 6:12) en dat ons hulle almal moet weerstaan (Jakobus 4:7, 1Petrus 5:8-9).
Ons glo dat Yahshua reeds die volle prys betaal het en die oorwinning behaal het, dat ons in Sy outoriteit staan dat ons Elohiem in Gees en in waarheid kan en moet aanbid en dat ons tot alles in staat is deur Yahshua Messiah (Filippense 4:13). Dat Hy gekom het sodat ons ‘n lewe van oorvloed kan hê op elke gebied van die lewe; geestelik, sielkundig en fisies (Johannes 10:10b).
Lewende Hoop is 'n bediening van hoop aan die uitverkore volk van Elohiem wat die geestelike en ander behoeftes van die volk wil help vervul met die hulp van die Heilige Gees.
Lewende Hoop is 'n bediening waarmee die ware volk van Elohiem kan identifiseer en waarin hulle hul geestelike tuiste kan vind.
Lewende Hoop se visie is om:
Yahshua se salwing uit te dra en te leef (Lukas 4:18)
Yahshua se bediening te herstel (Lukas 4:18-19)
Die Woord van Elohiem lewend te hou en uit te leef
Ware lofprysing en aanbidding te herstel (Psalm 95:6)
Waarhede gemeenskaplik te deel (1Johannes 1:7)
Die Volk van Elohiem te bedien
Hoop te bring vir die volk van Elohiem
Sendingwerk te doen onder Yahweh se volk
Bybelse vindingrykheid en vaardighede oor te dra
Die gesinslewe te herstel
Die manne van ons volk in hulle priesteramp te herstel
Die volk in heiligmaking te help en voor te berei vir die wederkoms

Address: 3 Bebbington Rd, 8301 Kimberley (Afrique du Sud)
Phone: 27128021401
City: Kimberley
Street Number: 3 Bebbington Rd
Zip Code: 8301
categories: other, religious organization


Comment on this place

Reviews, get directions and information Lewende Hoop Bedieninge.

Northern cape religious organization

opening hours, reviews, map, satellite view. Lewende Hoop Bedieninge address, phone, state, city, zip code. On this page you can find companies similar to Lewende Hoop Bedieninge. On this website you can share your comments and experiences about Lewende Hoop Bedieninge with other people.



Similar places near
City of Hope Christian Church City of Hope Christian Church 407 meter Im still new to this church went 2x times to the 8h00 service and enjoyed it very muc...
Bikers Church Kimberley Bikers Church Kimberley 1 miles Nice church and if you don't know God you will find it in that church
Tell the Nations Ministries Tell the Nations Ministries 1 miles Tell the Nations sees itself as part of the global movement to establish the Kingdom ...
APK Kimberley - Die Kruis APK Kimberley - Die Kruis 1 miles I get spiritually educated and healed and motivated
The Word Church The Word Church 1 miles From day one of walking into The Word Church I felt loved, welcomed and at home. A Ch...
Volle Evangelie Kerk van God - Kimberley Volle Evangelie Kerk van God - Kimberley 1 miles Volle Evangelie Kerk van God - Kimberley
His Love Church His Love Church 1 miles They are a people who lead and live by example. Building new testament Church as in A...
Orion Church International Kimberley Orion Church International Kimberley 1 miles Orion Church International is a fantastic church, it is one the most fantastic church...
NG Kerk Kimberley NG Kerk Kimberley 1 miles ´n Warme Welkom by ons familie waar jy tuis sal voel want vir God en vir ons is jy wa...
Muurprop - Kimberley Muurprop - Kimberley 1 miles Muurprop - Taberna Dei - Kimberley 'n Tiener beweging in Kimberley wat alle tieners ...
Kimberley-Vooruitsig NGK Kimberley-Vooruitsig NGK 1 miles Great experience and meeting a long-lost cousin who preaches there!
Kingdom Of God Ministries International Kimberley Kingdom Of God Ministries International Kimb... 2 miles This is a page opened to give God the Glory for impacting the lives of individuals, f...
Beaconsfield Methodist Church Beaconsfield Methodist Church 2 miles The most wonderful welcoming church I'm Kimberley with a fantastic minister.
Christians for Peace in South Africa Christians for Peace in South Africa 2 miles We are a organization promoting peace
KCC KCC 2 miles It pales in comparison to Jumbo Bloemfontein... This is more like a depot than a shop
Omega Generation Omega Generation 2 miles Teaching and Motivating the Bride of Christ