Matzikama Begrafnisdienste bied 'n ooreenkoms van vertroue om seker te maak jou familie en naasbestaandes is rustig met die wete dat ons sorg vir jou begrafnis.
Matzikama Begrafnisdienste is in 2004 gestig met die doel om ‘n plaaslike onderneming te bedryf wat ‘n diens aan die omgewing kan lewer en terselfdertyd werk kan verskaf.
Matzikama Begrafnisdienste het in 2013 twee nuwe takke geopen, naamlik Calvinia en Touwsrivier. Ons verskaf tans werk aan 22 permanente personeellede en meer as 50 agente.
Ons is betrokke by talle gemeenskapsprojekte wat 'n bydrae tot ons gemeenskappe lewer. Matzikama Begrafnisdienste het ook in 2014 met Omgee-Projekte in ons bedieningsarea begin. Daar word onder meer geleenthede vir skole en kerke geskep om met geestelike boeke en Bybel-projekte geld in te samel.
Matzikama Begrafnisdienste is ‘n goedgekeurde finansiële-diensteverskaffer. Ons bied begrafnispolisse in groepsverband aan vir alle besighede, asook boere.
Al ons agente is goed opgelei om u van kundige advies te voorsien. MBD is ook ‘n lid van die Nasionale Begrafnisondernemings-vereniging van Suid-Afrika (NBOV). Ons meer as 11 000 gelukkige polishouers kan van ons ondersteuning getuig. Ons doen ons bes om in ons polishouers se versoeke en behoeftes te voorsien.