Oranjekas is ’n spaar en krediet koöperasie(SKK) wat in staat is om verskeie bankdienste aan kliënte te bied.
‘n Spaar en krediet koöperasie (SKK) is ‘n demokratiese, unieke, ledegedrewe, selfhelp-koöperasie. Dit word besit, beheer en bestuur deur die SKK se lede wat ‘n gemeenskaplike doel het. Die lede het ooreengekom om hul geld in die SKK te belê (spaar) en dan die geld te gebruik vir lenings aan lede teen ‘n redelike rentekoers.
Opbrengste op rente inkomste uit lenings, word aangewend om rente te betaal op beleggings en om die administratiewe koste te dek.
Winste wat gemaak word binne die SKK, word aangewend volgens besluite geneem deur die lede van die SKK. ‘n SKK is ‘n demokratiese organisasie waar die lede die direksie verkies en die direksie ‘n bestuurspan aanstel. Daar word ook ‘n toesighoudende komitee deur die lede verkies om toesig te hou oor die bedrywighede van die direksie.
Oranjekas gaan die behoefte van die volk om ekonomies selfstandig te wees vervul deur professionele, vriendelike en tydige dienste aan die Afrikaner te lewer.
Die volgende produkte word met trots deur Oranjekas aangebied :
Spaarrekeninge
Lopende rekeninge
Vaste deposito’s
Korttermynlenings
Langtermynlenings
Kaartrekeninge
Elektroniesebankdienste