Ons is 'n Pretoria gebaseerde voetslaanklub wat graag in die natuur verkeer en so ons christenskap uitleef.
Parakletos beteken Raadsman (Joh 14:16)
Ons is 'n stapklub/hiking club/voetslaanklub.
Ons naam Parakletos beteken Raadsman volgens Joh 14:16.
Parakletos bestaan al amper 30 jaar en meeste van die stigterslede is nou al te oud om te stap. Die klub is hoofsaaklik in Pretoria gebaseer, maar lede van oraloor is welkom.
Ons stap so een tot 2 keer per maand en dus so om en by 15-20 keer per jaar. Ons doen dagstappe, naweekstappe vanaf 'n basiskamp, rugsakstap oor 'n naweek. Dan ook langstappe wat of rugsak of slenterstap is.
Ons verwelkom nuwe lede en hoop jy sal kan inpas by ons etos.
Ons wil die natuur en ons menswees uitleef op 'n gesonde manier. Ons stap en kuier en leer mekaar so ken. Die klub bestaan al sedert 1984 en het al baie stappe gedoen deur die jare.
Ons verwelkom almal om saam te kom stap en die stap te geniet. Na jy 'n keer of wat saamgestap het kan jy en ons besluit of ons die regte klub is vir mekaar.
Heerlike stapnaweke binne ry-afstand van Pretoria en dagstaproetes in ons omgewing. Kom stap saam.