SAVF
Die SAVF Tzaneen is 'n oorkoepelende, nie- winsgewende welsynsorganisasie in Tzaneen. Ons voorsien voedsel en ander noodsaaklikhede aan sowat 60 gesinne in ons onmiddelike omgewing,op n maandelikse basis. ons is verder betrokke by talle projekte, en voorsien voedsel aan vigswesies en bejaardes. Verder bied ons bekwame maatskaplikedienste aan, Ons maatskaplikewerker is Dr Greta Bekker. Sy bied ook spelterapie aan. Getraumatiseerde persone vind baat by hierdie terapie.