Leer deur speel
Learn through Play
VISIE
Ons streef daarna om die hoogste kwaliteit onderwys en opvoeding te lewer, in ‘n veilige omgewing waar diversiteit hoog geag word en waar elke klein mensie se selfbeeld kan groei en hul hul volle potensiaal as mens kan ontwikkel in ‘n veranderende wêreld.
MISSIE
• Om ‘n gemaklike, ondersteunende atmosfeer te skep waar elke kind se selfbeeld optimaal kan ontwikkel;
• Om alomvattende dagsorg en onderwys in ‘n veilige en geborge omgewing aan te bied wat die kulturele diversiteit van die skool uitbeeld;
• Om die kind toe te rus met karaktereienskappe van eerlikheid, verantwoordelikheid, regverdigheid, verdraagsaamheid, respek, betroubaarheid, deursettingsvermoë, omgee en deernis teenoor ander;
• Om ‘n gebalanseerde, respekvolle houding te kweek teenoor ander se geloof, kultuur en morele waardes;
• Om die kind aan te moedig om individueel en selfstandig in groepsverband te funksioneer;
• Om die kind te motiveer om te streef na individuele voortreflikheid;
• Om ‘n gevoel te skep van vervulling, kreatiwiteit en afwagting vir die groot wêreld wat wag … en om te verstaan wat dit behels om ‘n goeie Suid-Afrikaanse burger te wees!
Hours / Ure :
Halfdag / Half Day - 07:00 - 13:30
Voldag / Full Day - 07:00 - 17:30