facebooktwitterpinterest

Reviews, get directions and information for Studio Visio Kunsskool / School of Fine Art

Studio Visio Kunsskool / School of Fine Art

Description

CURRICULUM VITAE: BAREND GROBBELAAR


BAREND GROBBELAAR is in Johannesburg gebore en verwerf die Transvaalse Kunsonderwysers Diploma met Skilderkuns as hoofvak te Heidelberg Onderwyskollege; die graad BA(BK) met Skilderkuns as hoofvak aan Unisa; en MA(BK) in Beeldhoukuns aan die Universiteit van Pretoria.

Hy beklee sedert 1960 verskeie onderwysposte by laer-, hoër- en kunsskole, asook die Goudstadse Onderwyskollege. Vanaf 1972 is hy dosent in Beeldhoukuns aan die NWU-Puk (PU vir CHO). Tydens 1980 tree hy op as gasdosent by die Universiteit van Pretoria se Halfeeufeesviering. In 1981 stig hy die kunsskool STUDIO VISIO te Potchefstroom, en is hy sedertdien ook aktief besig as professionele kunstenaar.

Barend Grobbelaar werk in verskeie media, maar veral in staal en terra-cotta. Die vergestalting van die mens staan sentraal in al sy skeppingswerk. Sy deurlopende tema is die man-vrou-verhouding en die torso as selfstandige stelling. Hy put groot inspirasie uit die Genesisverhaal en veral die skepping en verval, soos dit daarin verhaal word. Hierna volg ’n reeks portrette van Ou en Nuwe Testament Profete.
Brons as beeldhoukunstige medium wek sy belangstelling en onder leiding van Prof. Mike Edwards bestudeer hy die nuutste tegnieke in die brons gietproses.

Hierna werk hy met terra-cotta, staal en brons. Die werke sentreer steeds om die mens alhoewel hy die perd as simbool gebruik om verskillende momente in die Individu se lewe uit te beeld.

Sy staalbeeldhouwerke hou verband met Minimalisme in die beeldhoukuns en sy nuutste werke kan gesien word as ’n herwaardering van die rigting en aanpassing by huidige tendense.

UITSTALLINGS

Barend Grobbelaar neem deel aan verskeie groepuitstallings en hou in 1977 sy eerste solo-uitstalling van beeldhouwerke in Potchefstroom. In 1979 ontvang hy die eerste prys in die AFROX-Metalart-beeldhoukompetisie. In 1980 word hy geborg deur Afrox en Jacksons-Metaalverspreiders vir deelname aan die Beeldhouerswerkswinkel by die Universiteit van Pretoria. Hy neem ook deel aan die BEELDHOU 80-uitstalling by bogenoemde universiteit as een van 34 genooide beeldhouers. Gedurende dieselfde jaar hou hy ’n solo-uitstalling van beeldhouwerke by die Universiteit van Pretoria. Hy stal in 1981 as genooide kunstenaar uit by die Republieksfeesuitstalling in Durban.

In 1983 word hy genooi vir die eerste eenmans-uitstalling van beeldhouwerke in die Potchefstroomse Museum. Die skilderkuns as verwante dissipline word toenemend deur hom beoefen aanvullend tot sy beeldhouwerk en in 1989 hou hy sy eerste suksesvolle solo-uitstalling van waterverfwerke.

OPDRAGTE

Die kunstenaar voer verskeie openbare opdragte uit, waaronder:
1978 - ’n Trofee vir die Karnavalkomitee van die Potchefstroomse Universiteit vir
CHO.
1979 - ’n Reliëfbeeldhouwerk vir die ingangsportaal van die nuwe
Administrasiegebou, PU vir CHO.
1983 - Trofeë vir die Landbouskrywersvereniging vir onderskeidelik die Landbouer
en die Landbou-wetenskaplike van die jaar.
1985 - ’n Beeldhouwerk vir die fontein by die Taallaboratorium van die
Potchefstroomse Tegniese Hoërskool.
1987 - ’n Borsbeeld van Ds. Abraham Kriel vir die kinderhuis te Potchefstroom.
1990 - ’n Perdestandbeeld in die Stadsraad van Ventersdorp.
2000 - Beeldegroep Triest Activity Centre Klerksdorp.
- Beeld vir die Belgiese verteenwoordiger van Triest-stigting.
2009 - Beton beeldhouwerk – NG Moedergemeente.
2012 - Torso – wit terra-cotta – Dr. G. Jordaan.

UITSTALLINGS
1969 - Groepsuitstalling Dept. Kultuursake Johannesburg
1972 - Groepsuitstalling S.A.K.V. (Wes-Transvaal)
1973 - Groepsuitstalling S.A.K.V. (Wes-Transvaal)
1974 - Groepsuitstalling S.A.K.V. (Wes-Transvaal)
1977 - Solo-uitstalling Beeldhouwerk Potchefstroom
1979 - AFROX-Metalart Beeldhoukompetisie – Johannesburg en Kaapstad
- Eerste prys toegeken in AFROX-Metalart beeldhoukompetisie
1980 - Geborgde kunstenaar deur AFROX en Jacksons-Metaalverspreiders om deel
te hê aan Beeldhouerswerkswinkel, Universiteit van Pretoria.
- Een van die 34 genooide beeldhouers vir BEELDHOU 80-uitstalling
Universiteit van Pretoria.
- Solo-uitstalling Beeldhouwerk, Universiteit van Pretoria.
1981 - Genooide kunstenaar Republiekfeesuitstalling Durban.
1983 - Solo-uitstalling Beeldhouwerk – genooide kunstenaar tydens opening van kunssale van Potchefstroomse Museum.
1986 - Genooide kunstenaar groepsuitstalling, Klerksdorp.
1988 - Solo-uitstalling Bronsbeeldhouwerke, Potchefstroomse Museum.
1989 - Solo-uitstalling van waterverfwerke STUDIO VISIO, Potchefstroom.
1992 - Genooide kunstenaar – Beeldhou-uitstalling Vaal Teknorama, Vereeniging.
1993 - Solo-uitstalling Beeldhouwerke, Potchefstroomse Museum.
1997 - Pa en Dogter uitstalling – Skilderye en Beeldhouwerke, Potchefstroom
Museum.
2010 - Solo-uitstalling Waterverfskilderye en Beeldhouwerke – Ateljee uitstalling STUDIO VISIO.

Address: 91 Peter Mokabalaan (ou Van Riebeekstraat), 2531 Potchefstroom
Phone: 0182973745
Email: moc.liamg@traoisivoiduts
Parking: Street
City: Potchefstroom
Street Number: 91 Peter Mokabalaan (ou Van Riebeekstraat)
Zip Code: 2531
categories: art school, art gallery


Opening Hours

Monday: 10:00 - 15:00
Tuesday: 10:00 - 15:00
Wednesday: 10:00 - 15:00
Thursday: 10:00 - 15:00
Friday: 10:00 - 15:00


related searches: Academy of Fine Arts Munich, State Academy of Fine Arts Stuttgart, Academy of Fine Arts Nuremberg, University of the Arts Bremen, Saar College of Fine Arts, Academy of Fine Arts Dresden, Best art schools in the world, Udk Fine Art professors
Similar places near
Jaarsma Rame en Kunsgalery Jaarsma Rame en Kunsgalery 521 meter A very large range of frames to pick from with friendly service and professional advi...
PUK art gallery PUK art gallery 2 miles A bit small venue. The event i went to was wildly mediocre... but the venue was suita...
NWU Gallery NWU Gallery 2 miles A bit small venue. The event i went to was wildly mediocre... but the venue was suita...
Die Blou Galery Die Blou Galery 2 miles Privaat Galery en Kuierplek
Jaarsma's Art Gallery Jaarsma's Art Gallery 2 miles Have been dealing with this Gallery for many years - excellent and professional servi...
North-West University Botanical Garden North-West University Botanical Garden 2 miles The North-West University Botanical Garden on the Potchefstroom Campus of the North-W...
Lifestyle Art Gallery Lifestyle Art Gallery 2 miles The whole gallary is like a still but moving canvas that is only seen with the 3rd ey...
Crista Galli Venue Crista Galli Venue 3 miles Beautiful!! Friendly efficient service! Barman very knowledgeable with regards to coc...
The Picture Framer The Picture Framer 27 miles Friendly and helpful people. They do give good options and listen to you as customer....
The B gallery The B gallery 28 miles As an artist in Klerksdorp The B gallery helped me so much to get establish in this a...
Ad Artem Ad Artem 29 miles
Odyssey Arts Odyssey Arts 61 miles “Here's to the crazy ones. The misfits. The rebels. The troublemakers. The round pegs...
Gallery on Ibis Gallery on Ibis 67 miles We are a new art Gallery specializing in Ceramic Art. We are based in Muldersdrift an...
Comment on this place