facebooktwitterpinterest

Reviews, get directions and information for Volkies Heidelberg Sport

Volkies Heidelberg Sport

About

Waar jy saak maak!

Description

Aan die hange van die Suikerbosrand met as agtergrond die pragtige natuurskoon, lê genestel ‘n skool waar die ryke tradisies van die verlede gekoester word sonder om te vergeet om toekomsgerig te wees. Hier bou jongmense ‘n pragtige toekoms, om as Volkies hulle plekke in hierdie mooi land vol te kan staan.

Volkskool is ‘n skool waar die onderwysers nie net onderwys gee nie, maar die basis skep wat verseker dat jongmense as waardige landsburgers ‘n bydrae kan maak op alle terreine van die samelewing.

Die dinamika van ‘n veranderende Suid- Afrika vra ‘n dinamiese benadering tot onderwys en opleiding – iets wat in oormaat hier te kry is. ‘n Kind is nie net ‘n kind nie, hy/sy is ‘n kosbare kleinnood wat die Hemelse Vader aan ons geskenk het om te koester en volgens Sy wil op te lei en toe te rus vir die lewe. Volkskool se waardes lê geanker in die Christelike. Daarom poog ons om te verseker dat die skool sy ouers, leerders en onderwysers dié waardes uitlewe.

Die akademie sport en kultuur geniet besondere aandag. Ouerbetrokkenheid is ‘n uiters belangrike faset van die skool. Volkskool se akademiese standaard is ononder-handelbaar. Daarvan getuig die uitslae wat jaar na jaar behaal word. As parallel-medium skool dra ons by tot ‘n veelrassige harmonie waarin elkeen gerespekteer word en almal uitnemendheid nastreef. Akademici soos die edele regters Buddy Swart en Schabort, Proff. Peet Pienaar, Kristi Pienaar, Piet Prinsloo ( Rektor van die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes Universiteit) se wortels lê hier.

Sportprestasies lê gesaai. Verskeie sportsterre het deur die jare hulle opleiding hier voltooi. Mense soos Fanie de Villiers (krieket) en Ockie Oosthuizen (rugby) het Suid -Afrika op die sportveld verteenwoordig.

Op kulturele vlak staan hierdie skool terug vir niemand nie. Uitstekende prestasie word jaar na jaar op verskillende vlakke behaal. Die operaster Emma Renzi Scheepers, wêreldkoorlede Richter en Lente-Mari Grimbeeck asook Este Gross is ‘n bewys van die kaliber mense wat spore hier getrap het. Johan Vorster (Sanggroep Eden) soos eersgenoemdes, was lid van die Orpheumkoor wat al verskeie landswye toekennings gewen het.

Die vraag is dus nie of jy hierna toe moet kom nie, die vraag is eerder wanneer jy kom, want dit is hier waar jy die beste belegging in jou toekoms kan en gaan maak.

Mission

ONS VISIE

Om die beste skool te wees waar elke individu die geleentheid kry om sy of haar volle potensiaal te bereik.

ONS MISSIE

Om gebalanseerde individue te ontwikkel wat in staat sal wees om hul ideale te verwesenlik:

Vir elke leerder ‘n tuiste te bied waar die leerder se volle potensiaal ontwikkel word op akademiese-, kulturele- en sportgebied deur toegewyde opleiding en afrigting met ondersteuning van die personeel- en ouergemeenskap.
Waar met trots ‘n eie identiteit gevestig word binne ‘n verantwoordbare waardestelsel en sosiale verantwoordeliksheidsfeer, gebaseer op ‘n ordelike interaktiewe onderrigstrategie.

ONS WAARDES

Respek
Agting te hê vir jouself, meerderes, minderes en gelykes deur hul waardes, geloof en besttings te respekteer.
Lojaliteit
Jou opregte toewyding, ondersteuning en betrokkenheid tot Volkie wees.
Eerlikheid
Om ten alle tye in die waarheid te spreek en leef.
Trots
Deur met jou voorkoms, houding en optrede die respek te verdien van almal wat jou pad kruis.
Integriteit
Om onwrikbaar te staan en te glo in ons waardestelsel.

ONS DOELWITTE

Ten einde die die beste skool te wees waar elke individu die geleentheid kry om sy of haar volle potensiaal te bereik word die volgende strategies doelwitte gestel:

Eksterne invloede te bestuur tot voordeel van die skool en gemeenskap.
‘n Sterk finansiële basis te bou deur effektiewe finasiële bestuur te handhaaf ten einde die standaard van onderrig te verbeter.
Die skool intern en ekstern so te bemark om die aansien (beeld) van ons skool te vestig as skool van eerste keuse vir hoë prestasie van leerders en personeel.
Die veiligheid van ons leerders en personeel te verbeter.
Leerdertoewyding te verbeter deur verhoogde betrokkenheid, diversiteits ontwikkeling, toepaslike dissipline, ten einde ‘n kultuur van verdraagsaamheid en samewerking te vestig.
Om elke Volkie tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel op akademiese-, kultuur- en sportgebied.
Die vestiging van ‘n gesonde en dinamiese bestuursklimaat waarbinne personeel gemotiveerd hulle werk met trots kan verrig.
Om die nodige infrastruktuur daar te stel om te dien as basis vir kwaliteit onderrig en ander aktiwiteite.

Impressum

SPORTFASILITEITE:
ATLETIEK EN RUGBYSTADION:
Die hoofstadion bestaan uit ‘n uitstekende gras-atletiekbaan met die A-Rugbyveld. Die stadion bekik oor uitstekende geriewe en fasiliteite met spreiligte. Die B-Rugbyveld is aangrensend tot die stadion en beskik oor sy eie paviljoen.

HOKKIEVELDE:
Daar is twee hokkievelde en ‘n derde wat slegs vir oefeninge gebruik word.

NETBALBANE:
Die netbal beskik oor vier sintetiese weervaste bane wat onlangs nuut oorgedoen is.

SWEMBAD:
Daar is ‘n lieflike swembad waarin ons swemmers oefen vir die puik prestasies wat hulle bereik.

KRIEKETNETTE
Die krieketnette en blaaie is in ‘n uitstekende toestand en daarom presteer ons krieket so goed. Die skool het ook ‘n Krieketakademie wat aktief bydra tot die suksesse van krieket

TENNIS:
Die skool beskik oor vier weervaste tennisbane (ook onlangs oorgedoen) wat ook as ekstra netbalbane gebruik kan word.

Address: 1 Jacobstraat, 1441 Heidelberg, Gauteng
Phone: 0163413165
Email: az.oc.seiklov@tena
City: Heidelberg
Street Number: 1 Jacobstraat
Zip Code: 1441
categories: school



related searches: Volkskool Heidelberg fees, Hoër volkskool heidelberg facebook, Volkskool heidelberg Koshuis, Volkskool Online, Laer volkskool heidelberg vraestelle, Hoerskool heidelberg, Volkskool Graaff-Reinet, Hoër Volkskool Heidelberg fees 2022
Similar places near
Sports Fusion Sports Fusion 700 meter Really great beer garden, and the food is also good, not only the beer : Perfect for ...
Spears Sportsbar Rensburg HEIDELBERG, Gauteng Spears Sportsbar Rensburg HEIDELBERG, Gauten... 1 miles Portions are big, food is tasty and fresh, customer service is good and food is prepa...
Strafskop Sports Bar Strafskop Sports Bar 684 miles Local "watering hole" in town....when sun sinks into ocean, all pull in for...
Comment on this place