‘n Legendariese nuwejaarspartytjie. Die kunstenaars is fyn uitgesoek, die gaste nog fyner. Die beste rock- en blues-musikante van Suid-Afrika tree hier op – en jy is gelukkig as jy genooi is.
Diep weggesteek tussen die duine van Vleesbaai en Fransmanshoek se natuurreservaat, sit die vier Hanekom-broers se private vakansie-eiendom genaamd Zeegunst wat vir meer as 'n dekade gasheer gespeel het vir een van die mees legendariese, geheime nuwejaarspartytjies.
In Desember 2017 het dié intieme partytjie 'n nuwe huis gekry - om die hoek van Zeegunst - genaamd 28. 'The Arrival' het vir 4 dae aangehou met name soos Piet Botha, Albert Frost, Akkedis, Zengeance, Southern Wild, The Black Cat Bones en vele meer wat sowat 200 genooide gaste vermaak het.
Wie weet wat die volgende een inhou...dalk word jy genooi. Dalk nie.