Appelliefie is 'n knus dagsorg waar asempies van 6 weke af genooi word om te groei onder leiding van liefdevolle personeel.
Appelliefie dagsorg het onstaan uit Susan se hart vir die kleinspan. Ons vier al ons 13de bestaansjaar en is baie trots op ons nuwe naam "Appelliefie".
Die hoeksteen van ons fasiliteit is gebou op die fokus om elke asempie as 'n individu te sien en sodanig te hanteer. Met liefde en sorg laat ons toe dat elkeen 'n kans het om deur speel en lag te groei.
Ons aanvaar nuwe maats van 6 weke af en het tans alles wat ons nodig het om hulle te by ons te laat uitblink tot op 4 jaar. Ons raak egter so lief vir die spannetje dat ons beoog om in die nabye toekoms hulle skoolgereed by die hekke uit te stuur.