Ons is 'n kleuterskool asook 'n Naskool sentrum wat U kind nie net sien as net nog 'n nommer nie. Ons hoof (Desire Fouche) saam met haar span van Juffrouens, se misie is om elke liewe leerling individuele aandag te gee.
Ons Hoof (Desire Fouche), asook die eienaar wat Klein Maar Getryn begin het, hanteer vanaf die bestaan van Klein Maar Getryn, elke liewe situasie, leerling, ouer, personeel of probleem met 'n liedevolle passie. Met 27 jaar se onderwys ondervinding, is sy self verantwoordelik vir die skool se opvoedkundige program en kurrikulum.
Klein Maar Getryn se passie is om elke kind individuele aandag te gee, omdat ons glo dat individuele aandag lei tot 'n kind se sukses. Vir hierdie rede is ons klassies klein en ons personeellede word baie selektief aangestel. Elke liewe Juffrou hanteer ons leerders asof dit hul eie kinders sou wees, met liefde en passie.
Ons Kleuterskool bestaan uit 7 klasse en 'n totaal van 85 leerlinge. Ons grootste klas het maar 16 leerlinge in en hierdie is ons Gr.R leerders.