facebooktwitterpinterest

Reviews, get directions and information for Booysens Beertjies Kleuterskool-Booysens,Pretoria

Booysens Beertjies Kleuterskool-Booysens,Pretoria

About

Liefdadigheidsorganisasie

Description

Kleuterskool vir kinders van 3 tot 5 jaar
Wilhelmstraat 1171, Booysens, Pretoria-Wes, Gauteng

Booysens Beertjies Kleuterskool, is ʼn geregistreerde kleuterskool en liefdadigheidsorganisasie, geleë in die weste van Pretoria. Die kleuterskool fokus op drie- tot vyfjarige behoeftige kleuters, wie se ouers nie skoolgeld kan bekostig nie. Ons kleuters is baie ver agter met hul ontwikkeling, met o.a. taal, motoriese ontwikkeling en emosionele ontwikkeling. Die skool verleen hulp om hierdie agtergeblewe kleuters skoolgereed te kry.
Huislike omstandighede van meeste van hierdie kleuters is baie swak, met van die gesinne wat in Wendy huise of in buitekamers woon. Die kos wat by die skool aan die kleuters voorsien word, is soms die enigste kos wat hulle vir die dag kry. Dis asof die kinders meer eet as in die verlede, wat daarop dui dat hulle minder kos by die huis kry. Die skool voorsien daagliks aan elke kleinding ontbyt, vrugte/joghurt asook ʼn middagete.
Buiten hoogstaande onderrig voorsien die skool skryfbehoeftes, maatskaplike dienste, arbeids- en spraakterapie en spreek ook individuele behoeftige gevalle aan.
Die skool ontvang geen befondsing van die staat of relevante instansies nie.
Die kleuterskool is op die perseel van Laerskool Booysens geleë.
Ons het deurlopend fondse nodig vir o.a. voeding, salarisse, terapeute en skryfbehoeftes. Ons sal ook enige hulp rakende ons speelterrein en klaskamers se instandhouding opreg waardeer.
Met armoede wat toeneem, word die ouers wat aan ons deur kom klop al hoe meer. Om aan die toenemende behoefte te voldoen, moet ons dringend uitbrei. Ons het tans net 3 klaskamers en het reeds 95 kleuters! Ons het ‘n weldoener wat bereid is om ‘n perseel vir ons te ontwikkel volgens ons en die kleuters se behoefte, maar ons moet die perseel aankoop.
Die fondse wat ons tans het, is geoogmerk vir ‘n noodfonds om ons uitgawes te dek. Ons het dus ‘n groot en dringende behoefte aan kontant, om ‘n perseel aan te koop. Enige donasie, hoe klein ook al, sal bydra dat ons meer kleuters kan bereik en ‘n verskil in hul lewens maak.
Ons finansiele state word jaarliks deur ‘n eksterne rekenmeester opgestel en nagegaan. Slegs een van ons komiteelede, wat al die administrasie en sekretariële dienste hanteer, verdien ‘n salaris. Verder is al ons komiteelede vrywilligers wat absoluut geen inkomste ontvang vir hul onbaatsugtige tyd en bydraes nie. Die komiteelede bestuur die kleuterskool en doen fondsinsamelings deur bv damesoggende, 'borg‘n kleuter' projek, verkope van resepteboeke, skryfbehoefte insamelings, werwing van borge, ens.
Soms verkies 'n borg om nie kontant te gee nie, maar wil tog 'n skenking maak. Sien die behoeftelys vir ons ander behoeftes.
In ons persoonlike lewens het ons soveel om voor dankbaar te wees en geniet soveel seën. Laat ons asb nie vergeet van die wat nie soveel soos ons het nie. Raak asseblief betrokke op een van die volgende maniere:
Skenk kontant (Booysens Beertjies is geregistreer om Artikel 18(A) sertifikate vir belastingaftrekkings uit te reik).
Borg ‘n kleuter deur ‘n maandelikse bydrae van u keuse te maak. Debietorders is op aanvraag beskikbaar. Sien die webblad vir meer inligting.
Maak ‘n skenking volgens ons lys van behoeftes.
Word deel van die Fondsinsamelingskomitee.
Word deel van ons Uitvoerende komitee.
Enige vorm van skenking word benodig en sal uit die diepte van ons harte waardeer word.
Skenkings kan enige tyd gedurende die week te Delphinusstraat 254C, Waterkloofrif, afgelaai word of direk by die kleuterskool tussen 7h00 en 14h00, soos per adres bo genoem. Vra asb. dan vir die hoof van die kleuterskool, Elbet van Zyl, om seker te maak dat die skenking wel by ons uitkom. Neem asseblief kennis dat die kleuterskool vir skoolvakansies gesluit is.
Om soveel mense moontlik te bereik, sal ons dit waardeer indien u, u familie, vriende en kennisse van ons kleuterskool vertel.
Indien daar enige navrae is, is u welkom om 'n e-pos te stuur na: [email protected]
Vriendelike Groete
Judy van Freden
Voorsitter
www.booysensbeertjies.co.za

Mission

Address: Wilhelm straat 1171, Booysens, 0082 Pretoria
Phone: 0823169549
Email: moc.oohay@seijtreebb
City: Pretoria
Street Number: Wilhelm straat 1171, Booysens
Zip Code: 0082
categories: organization, day care

related searches: Booysens beertjies kleuterskool booysens pretoria pretoria fees, Booysens beertjies kleuterskool booysens pretoria pretoria contact, Booysens beertjies kleuterskool booysens pretoria pretoria reviews
Similar places near
Booysens Apteek Booysens Apteek 873 meter Staff very helpful and extremely friendly. God Bless you all
Laerskool Magalieskruin Laerskool Magalieskruin 7 miles Best school ever I love that school
7de Laan and Paula Park 7de Laan and Paula Park 22 miles It's a 3 in 1 pit stop for you and your car...Car wash, Chisanyama and Entertainment ...
Jeppe Police Station Jeppe Police Station 34 miles I'll mention only 2 but I'd write a book with "that" Police station 1. Ther...
Booysens SAPS Booysens SAPS 36 miles Went in for document certification. Police lady officers mhlanga & buthelezi were...
Ophirton Ophirton 36 miles Ophirton is a suburb of Johannesburg, South Africa. This industrial suburb lies three...
Caltex Booysens Caltex Booysens 36 miles Friendly staff, service is excellent. No long waiting queues. I like how they kind of...
Booysens Hotel and Conference Booysens Hotel and Conference 37 miles Booysens hotel is one of the best they got good hospitality and friendly Safety: The...
Mr Tasty , Booysens Reserve Johannesburg Mr Tasty , Booysens Reserve Johannesburg 37 miles Good tasting ice cream at reasonable prices.
ChesaNyama Booysens ChesaNyama Booysens 37 miles Fast Food Restaurant
AutoZone - Booysens AutoZone - Booysens 37 miles Good service. Fair price, not the cheapest. A little bit on the slow side as regards ...
Nedbank Booysens Nedbank Booysens 37 miles
Johannesburg SPCA Johannesburg SPCA 37 miles I had such a pleasant experience at this SPCA. Adopting my little fur baby was a seam...
Booysens Boxing Club Booysens Boxing Club 37 miles Well built gym. Space is huge enough to hold boxing tournaments. The staff is friendl...
Booysens Park Church Of The Nazarene Booysens Park Church Of The Nazarene 584 miles Great place of worship!
Comment on this place