Ons noem dit ‘n journey deur genade.
Dit is ons droom dat mense by hierdie bediening die genade van God sal leer ken, beleef en daardeur verander sal word na Sy beeld. Hierdie is ‘n kerk gedryf deur die genade van God. Hierdie kerk se deur staan oop vir alle mense, van alle agtergronde ongeag van waar hulle is op hulle geestelike journey.
By Dei Gratia is ons verbind:
Om met mense te journey ongeag waar hulle in hulle geestelike verhouding met God staan
Om uit te reik en te help wanneer mense in nood verkeer
Om ongekende genade aan ‘n wêreld daar buite te toon
Om mense toe te rus om in dié wêreld te kan lewe
Tydens ons dienste sal jy ongeforseerd die Here kan aanbid, bybelse waarhede onverskrokke kan hoor en leer op ‘n maklik verstaanbare formaat.