Doxa Deo Lyttelton is 'n gemeente in Lyttelton, Centurion wat die omliggende omgewing bedien.
Visie: Die vestiging van God se Heerskappy in ons stad.
Transforming people and society.
"Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons noem hulle ‘City Changers’ wat hulle God ken, Mense liefhet en hulle Wêreld impakteer met die waarheid van Jesus. Knowing God, Loving People, Impacting my WorldOns is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdiesektore sigbaar word."