Die nommer een slaghuis in Secunda. Met onverbeterlike diens en super gehalte vleis.
Slegs ons diens oortref ons kwaliteit!
Goudveld Slaghuis-groep is nie net 'n ordinêre groep van slaghuise nie, maar slaghuise wat ontstaan het deur twee ikone Louw en Elize Basson in Leandra 1978. Goudveld Boerdery bestaan uit die boerdery asook twee slaghuise in Secunda en Leandra. Jan, Hennie en Louw Basson is die derde geslag van Goudveld wat tans hierdie familie besigheid bedryf. Elke faset van die boerdery-besigheid word met groot passie bedryf. Die vleis op ons rakke is alles van super gehalte en produkte soos Boerewors en Biltong is resepte wat oor jare heen beproef is. 'n Groot deel van die slaghuise se sukses is gewortel in die toegewyde passievolle werk wat op die plaas gedoen word. Goudveld Slaguis se strewe is dat elke kliënt die heel beste kwaliteit en diens moontlik ontvang en dat hulle inkopie ondervinding maak dat hulle weer en weer sal terugkom. Goudveld se kliënte is die hartklop van ons besigheid.