Gym at Ben Vorster
Ben Vorster gimnasium is al vir ongeveer tien jaar ‘n leier op fiksheid- en gesondheidsgebied vir die leerlinge van Ben Vorster sowel as vir die publiek. Die gimnasium streef daarna om persone optimaal voor te berei vir die sportveld, maar gee ook aandag aan rehabilitasie en ontwikkeling van optimale gesondheid vir algemene welstand. By Ben Vorster gimnasium voel ons sterk daaroor om oefening as ‘n leefstyl by persone te vestig om sodoende ‘n gelukkige, gemotiveerde persoon vol selfvertroue te help vestig.
Hein Wagner is ‘n gekwalifiseerde biokinetikus en is al vir sewe jaar betrokke as die eienaar van die gimnasium en ook betrokke as ‘n afrigter by die skool.
Dienste
Sport-spesifieke programme
Rehabilitasie Programme
Bou Programme
Verslankingsprogramme
Algemene Fiksheidsprogramme
Dieët riglyne
Personal Training
Fasiliteite
Kardio Toerusting
Free Weights
Masjiene
Spinning Lokaal
Aerobiese Lokaal
Verhitte Swembad
Supplement Winkel
Netjiese Kleedkamers
Veilige Parkering