Die Hemel op Aarde Na-uurse Sentrum is gestig ter viering van die goeie lewe!
Die Hemel op Aarde Na-uurse Sentrum is gestig ter viering van die goeie lewe! Ons glo ons is geskape om vervulde lewens van oorvloed liefde, tyd en vreugde te lei…Hierdie sentrum skep die platform daarvoor.
Om te leef is om te groei – soos die beroemde kunstenaar Bob Dylan dit gestel het: ‘If you are not busy being born, you are busy dying’. Almal groei – iewers heen. Die vraag is: hoe en waarheen? Soms is ons soos ‘n boompie in die wind wat bloot leef en groei, sonder dat ons beheer neem oor die rigting daarvan. Ons is soms vasgevang in ‘n denk- en leefpatroon waar ons glo dat ons lewens nie kan verander of verbeter nie. Die oomblik waar jy tot die besef kom dat jy jouself en jou lewe kan herontwerp, vind die geboorte plaas van ‘n nuwe wonderlike fase van jou lewe! Gee die saadjie vir ‘n wonderlike lewe kans om te ontkiem en te groei tot ‘n vervulde boom van LEWE.
Daar is niks gemiddeld aan jou nie. Jy is ‘n tydbom van talente en vermoëns wat wag om ontgin te word. Kies uit ons kaleidoskoop van werkswinkels en kursusse wat jou lyf, hart en kop nodig het om te floreer. Moenie wag vir die Hemel nie. Begin nou lèèf!