facebooktwitterpinterest

Reviews, get directions and information for HTS Tom Naude THS

HTS Tom Naude THS

Description

Uit die Hoof se Kantoor
HTS Tom Naudé is in 1950 gestig as ‘n dubbelmedium skool en was in die beginstadium gehuisves in die huidige Kareebasis langs die lughawe – nou bekend as die Gateway lughawe.

Die eerste hoof, dr PA Conradie was 10 jaar lank aan die stuur van sake (1950-1960) en is opgevolg deur mnr SCM Naudé (1960 – 1965), mnr JG Theron (1965-1969), mnr MJ Hough (1969-1979), mnr FT Preller (1980-2003) en tans mnr FP Liddle.

Met die nuwe NVV Kurrikulum is die tegnologievakke gekombineer en is verminder van die agt tegniese en tegnika vakke wat die skool gehad het, na drie tegnologie vakke. Ons skool speel ‘n leidende rol om die vakke te probeer terugbring, omdat ons glo dat hierdie oorlaaide sillabus nie die skool se einddoel komplimenteer nie. ‘n Opname wat in 2007 deur Solidariteit gemaak is, het getoon dat daar 100 000 tegnies georiënteerde beroepsgeleenthede vakant is.

Hierdie nypende tekort veroorsaak dat hoër tegniese skole van kardinale belang in die onderwysstruktuur van Suid-Afrika is. Vir hierdie rede is dit van die uiterste belang dat leerlinge opgelei word in tegniese skole en dat hulle die internasionale taal van Ingenieursgrafika en Ontwerp bemeester, asook dat hulle in een van die volgende tegnologierigtings opgelei word naamlik Elektriese-, Meganiese- of Siviele Tegnologie.

‘n Voldonge feit van tegniese onderwys is dat dit een van die moeiliker vakpakette is, aangesien dit verpligtend vir alle leerlinge is om Fisiese Wetenskappe as vak te neem.

Dit is ook ‘n algemene bekende feit dat alle leerders wat die eindeksamen by HTS TOM NAUDé skryf, reeds teen November geplaas is, hetsy dit vir tersiêre studie is of vir een of ander vorm van opleiding of werksgeleentheid.

Buiten die sport- en kultuurgeleenthede bied die skool ‘n akademiese ingesteldheid van hoogstaande gehalte.

Ons pragtige kampus getuig van goeie bestuur. Die harmonieuse samewerking tussen die beheerliggaam en skoolbestuur is opmerklik en tot voordeel van die betrokkenes. Uit die aard van ons Christelike ingesteldheid is ons daagliks diep onder die besef van ons Hoërhand se leiding en betrokkenheid by ons skool. Ons het pragtige leerders wie goed gedissiplineerd is en hul gedrag en drag is van hoogstaande gehalte. Dis ‘n voorreg om by hierdie instansie betrokke te wees en ons nooi almal wat ons etos en waardes deel, om by ons aan te sluit.

Mission

Labor Omnia Vincit.
Werk oorwin alles.

Address: 226 Potgieter Avenue, 0699 Pietersburg
Phone: 0152988710
Email: az.oc.bewm@ntsth
City: Polokwane
Street Number: 226 Potgieter Avenue
Zip Code: 0699
categories: high school


Opening Hours

Monday: 08:00 - 15:00
Tuesday: 08:00 - 15:00
Wednesday: 08:00 - 15:00
Thursday: 08:00 - 15:00
Friday: 08:00 - 15:00


related searches: Tom Naude facebook, Tom naude koshuis, Tom Naude pass rate, Tom naude vacancies, Tom naude pass rate 2022
Similar places near
Akademie Reformia Akademie Reformia 202 meter Translated by Google The best Christian Afrikaans Kindergarten and Primary School in ...
Christ Word Apostolic Church Christ Word Apostolic Church 256 meter Born Again Christian Church
Elica Primary School Elica Primary School 371 meter I really liked the school, although their standerd of education could improve hoping...
Mosaic Early Childhood Development Centre Mosaic Early Childhood Development Centre 835 meter Best Pre School, clean and safe, you can relax knowing your kid is in a clean environ...
Dolfin Kidz Swimming School Dolfin Kidz Swimming School 1 miles My kids love this place
Bennie Boekwurm Pre-school & Homework centre Bennie Boekwurm Pre-school & Homework centre 1 miles Preschool for 0-6 years Homework centre for Gr R - Gr 7
Pieties PHS Pieties PHS 1 miles My team and l had the best experience. The students, the educators and all other staf...
Hoërskool Pietersburg Hoërskool Pietersburg 1 miles My team and l had the best experience. The students, the educators and all other staf...
Phaahla HIGH School Phaahla HIGH School 1 miles My team and l had the best experience. The students, the educators and all other staf...
Adventure Boot Camp Polokwane Adventure Boot Camp Polokwane 1 miles Adventure Boot Camp is a four week motivational outdoor exercise programme for women!
BMW BMW 1 miles My car is still stuck there after many weeks. I was hoping they'd provide a good serv...
Run/Walk For Life Polokwane Run/Walk For Life Polokwane 1 miles Your Health. Your Fitness. Your Life!
Legodi K53 Travel Agency and Projects Legodi K53 Travel Agency and Projects 1 miles TRAVEL AND DRIVING SCHOOL
Mtc Mining Training Center Mtc Mining Training Center 1 miles WE ARE A LEADER IN MINING TRAININGS. +27795319990.+27152958566, BOTSWANA,ZAMBIA,SWAZI...
Pepps Polokwane Preparatory & College Pepps Polokwane Preparatory & College 1 miles I have had many groups, school groups and individual children visit my facility. I gi...
Tut Top Junior Polokwane Campus Tut Top Junior Polokwane Campus 1 miles I have no reason not to give 5 star
Reviews
Splendid School, I don't regret moving my daughter from Gauteng to Limpopo. Tops
Very good school both in academics and sports just wish any scouts could come and watch
Good school in technical learnings.
Very good place and the education is the best
Awesome skool
Same as the 80's
LOVE this thing
Comment on this place