Kabouter Kampus Opvoedkundige Sentrum die holistiese benadering waar elke kind 'n meesterstuk in wording is.
Kabouter Kampus Opvoedkundige Sentrum is 'n ten volle toegeruste Opti-Brein-Sentrum.
Opgeleide positiewe en liefdevolle personeel wie se passie in die lewe, kinders en hul optimale ontwikkeling is.
Indien u kind se ontwikkeling in geheel vir u een van u persoonlike belangrikste prioriteite is, dan is Kabouter Kampus Opvoedkundige Sentrum die regte keuse.
Gee vandag vir u kind die grootste geskenk ooit - en maak hom/haar deel van die wenspan!
Die kleuterskool (2 - 6jaar)07:00 - 17:30
Om elke unike kind as individu die geleenthede te bied om hom/haar te help om optimaal te ontwikkel en om 'n sprankel in elke kinder- gesiggie en 'n babbel-laggie om elke hoek en draai van die sentrum te verseker.
Alhoewel die sentrum 'n vol program het, word daar wel ook vir alle kleuters die geleentheid gebied om aan buitemuurse aktiwiteite deel te neem: Wiskunde; Dansmuis; Kinder Kinetika, Soccer stars, Pottery, Active English, en Tennis