• Hulp met eksamen leerwerk en opstel van studierooster
• Leerstyl ontleding en toepassing
• Ondersteuning met opdragte en huiswerk
• Stres handtering
Die KOMMA, leer-en-leessentrum bied individuele aandag aan leerders wat sukkel met konsentrasie, leertegnieke, leesspoed, begrip en ander leerprobleme of struikelblokke in die klaskamer. Ons bied ook vakgeorienteerde ekstra klasse aan vir leerders wat sukkel met Wiskunde, Afrikaans, Engels en nog vele meer.
Oop Maandae tot Vrydae
Adres: Vaal Triangle Academy (105 Bernard Price str.)
Gr. R – Gr. 12 leerders, volwassenes ook welkom.
OPSIE 1: Een sessie per week = R360 per maand (R90 per sessie)
OPSIE 2: Twee sessies per week = R640 per maand (R80 per sessie)
Sessies is 45min lank met ’n maksimum van twee leerders per sessie. Huidiglik is alle sessies slegs een leerder per les.
Leeslesse is maandeliks voorafbetaalbaar in kontant of via elektroniese oorbetaling.
Indien ‘n leerder drie of meer lesse gemis het sonder om verskoning te maak, word dit aanvaar dat die leerder nie meer deel is van die leersentrum nie en sal daar ‘n ander leerder in sy/haar tydgleuf ingedeel word.
Ingesluit in die program:
• Hulp met eksamen leerwerk
• Opstel van studierooster tydens eksamens
• Leerstyl ontleding en toepassing
• Ondersteuning met opdragte, take en huiswerk
• Stres handtering tydens eksamens
Indien daar enige vrae of onduidelikheid is, kontak my gerus. Ons sien uit om saam met u en u kind 'n pad te stap.
Vriendelike groete.
Anita Vosser
Eienaar: KOMMA, leer-en-leessentrum
076 093 2728