CR Swart, waar ons harte warm klop vir kinders!
Laerskool C.R. Swart is meer as net In paar klaskamers en ʼn speelgrond... C.R. Swart is die plek waar toegewyde, gemotiveerde personeel drome in die harte van ons kinders plant, en hul die vaardighede leer om dit te verwesenlik. Hier klop ons harte warm vir kinders, en maak ons seker dat elke kind beter as die beste kry!
Ons streef daarna dat Laerskool staatspresident C.R. Swart die ruimte skep waarbinne kinders kan groei tot gelukkige leerders wat op alle lewensterreine beter as die beste is.
Die beheerliggaam en personeel glo dat die volgende waardes bydra tot die suksesvolle uitvoer hiervan:
•Ons handhaaf ʼn Christelike waardestelsel
•Elke kind word as ʼn besondere individu gesien en waardeer
•Hier heers ʼn Kultuur van omgee vir mekaar
•Leerders word aangemoedig om ʼn passie vir leer te ontwikkel
•Die ontwikkeling van persoonlikheid, houding en lewensuitkyk van elke leerder tot hulle volle potensiaal te benut
•By laerskool staatspresident CR Swart bou ons op drie onlosmaaklik verbinde pilare: OUERS; OPVOEDERS en LEERDERS.