Geleerdes skryf swak skoolprestasie aan die een of ander leerprobleem toe, waar die Cowley-tegnologie dit as ‘n leesprobleem sien. Ons sien lees as die stuk gereedskap waarmee daar in die skool gewerk word. Sou hierdie stuk gereedskap onvoldoende wees, lei dit tot swak prestasie.
Die leessentrum maak gebruik van ’n nuwe, unieke gepatenteerde sleutelbord wat al die probleme in lees aanspreek. Alle sleutels op hierdie sleutelbord is byvoorbeeld geel om probleme met voorgrond/agtergrond hok te slaan. Met die aanvanklike navorsing vir hierdie sleutelbord, het ‘n 22-jarige verstandelik gestremde binne 6 maande leer lees!
Geselekteerde takke is gekwalifiseerd heelbrein ontleders. By alle takke word studiekursusse aangebied om u kind tot groter hoogtes aan te spoor!
Ons doen wetenskaplike toets van u kind se lees; daarom weet ons hoe om die probleem aan te spreek. Ons werk sistemies; verwys probleme buite ons veld na spraak- en arbeidsterapeute asook sielkundiges.Ons werk aan al die grondvaardighede van lees. Ons resultate is die waarborg! Ons waarborg ‘n verbetering vanaf 40% tot so hoog as 80% in studente se “gereedskap vir die lewe” = LEES op standaard is bied ons ’n studiekursus aan, sodat die student sy gereedskap reg kan gebruik!
Belê in u kind se toekoms. Skryf nou in by ‘n Tina Cowley Leessentrum in u area.