facebooktwitterpinterest

Reviews, get directions and information for Laerskool Wierdapark

Laerskool Wierdapark

About

Ons ontwikkel kinders se volle menswees en leer kinders om verantwoordelikheid te neem vir talente en regte!

Description

Laerskool Wierdapark se jaarverslag lewer getuienis van ons skool se suksesse en werksaamhede deur die loop van elke jaar.

Hier volg ‘n lys van ons vordering en prestasie gedurende 2014:

1. VARIA

GEMEENSKAPSBETROKKENHEID: Sopinsameling, Kaalvoetdag en Skryfbehoeftes vir Philena Primary. Kombersprojek vir Irene Homes.

LEERDERDISSIPLINE: By Laerskool Wierdapark word dissipline toegepas ten einde ‘n geordende en veilige leeromgewing te skep vir almal wat by die skool betrokke is. ‘n Nuwe elektroniese stelsel van merietes en demerietes is in gebruik geneem.

MAATSKAPLIKE KONTEKS: 45 leerders kry daagliks kos by die skool. Daar is 23 uiters behoeftige gesinne wat ook gereeld kruideniersware ontvang.

TEGNOLOGIE: Die skool beskik oor twee rekenaarsentrums. Klaskamers is ook toegerus met
dataprojektors, witborde en dokumentkameras. Video’s en prente word gebruik om die inhoud van leerareas visueel uit te beeld.

TERAPEUTIESE DIENSTE: Ons beskik oor die dienste van die volgende terapeute op die skoolterrein:

Kliniese sielkundige, arbeidsterapeut, spraakterapeut, remediërende terapeut, traumaberader (besoek skool op versoek) en jeugwerker.

2. AKADEMIE

KURRIKULUM: Laerskool Wierdapark is baie trots op die akademie. In 2014 het ons ook in samewerking met die Beheerliggaam ‘n tutorstelsel op die been gebring om ons intersenfaseleerders by te staan.

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING: Ons presteer jaarliks bo-gemiddeld in die Jaarlikse Nasionale Assesserings.

WISKUNDE-OLIMPIADE: ‘n Graad 6-leerder is die provinsiale wenner van die Wiskunde-olimpiade.

ALGEMENE KENNIS: Alle leerders van graad 4 tot 7 neem aan hierdie aktiwiteit deel. Die drie toppresteerders in elke graad ontvang balkies aan die einde van die jaar. Drie graad 7-leerders het ons by die Super 12 verteenwoordig, waar ons ‘n 3e plek behaal.

WETENSKAPEXPO: Die Wetenskapexpo bied aan leerders die geleentheid om kritiese vaardighede soos navorsing, aanbieding en kommunikasie aan te leer. Alle leerlinge van graad 1 – 7 kan deelneem. Ons projekte behaal in 2014 goud, silwer en brons tydens vanjaar se Gauteng-Noord Wetenskapexpo.

ASTRO QUIZ: Astro Quiz is ‘n algemene kenniskompetisie oor die ruimte wat jaarliks vir graad 7’s aangebied word. Ons span, die Nepteens, wen die eerste rondte en neem deel aan die distrikskompetisie.

3. SPORT

ATLETIEK: Deelname: 170 atlete; Distrikskampioenskap: 17 items (13 atlete); GSS-kampioenskap: 4 atlete; SA’s: 1 atleet. Super 12-byeenkoms: 15 atlete behaal plekke.

RUGBY: 187 Seuns het skolerugbyliga gespeel.
Prestasies behaal in 2014: Ligawenners: 0/9 B, 0/13 C, 0/13 A; Liganaaswenners: 0/10 A; Blou Bul naaswenners: 0/13 A; Blou Bul semifinaal: 0/10 A; Super 12-naaswenner: 0/10 A

BULLETJIERUGBY: Die Bulletjierugby van graad R tot 2 word deur ouers afgerig. 170 seuns het hierdie jaar aan die groot Loftusdag deelgeneem.

GHOLF: 26 Leerders neem deel aan die gholfproewe. Daar is twee opeligaspanne van vier spelers gekies. Die eerste span neem ook deel aan die Super 12 gholf en ons behaal ‘n 9e plek uit 20 skole. Die eerstespan het tweede in die Suiddistrik en ook by die Gauteng-Noord finaal geëindig. Twee seuns word na die Gauteng-Noord proewe genooi.

SENIORHOKKIE: 0/11 – 0/13: twee spanne per ouderdom seuns en dogters met ‘n totaal van 170 spelers. Al ons spanne het onder die eerste 3 skole geëindig met die ligawedstryde. 0/13 B-Dogters was ligawenners.

MINIHOKKIE: 0/7 – 0/10: gemiddeld 4 spanne per ouderdom seuns en dogters. Ongeveer 300 spelers. Seuns en dogters het aan 5 toernooie deelgeneem.

KRIEKET: Ongeveer 130 spelers en 13 afrigters. 10 spanne speel in die A-liga. Die skool eindig algeheel agtste met 53 ligapunte, waarvan die O/10 A-span 24 punte behaal en 2e in die liga geëindig het. Die eerstespan het 14 punte behaal en 5e geëindig. Twee seuns is opgeneem in die 0/12 Northerns Titanskrieketspan vir Laerskole. ‘n Student van Laerskool Wierdapark word aangewys as ‘n Top 10 laerskoleskeidsregter.

Laerskool Wierdapark het vir die eerste keer ‘n dogterskrieketspan en dié span is naaswenners in hul liga.

BEV - KRIEKET 2014: Die Bev–krieketseisoen het afgeskop met graad R-, 1- en 2-spanne. Daar was 117 spelers en 23 afrigters. Die Bev–krieketkonsep is hardebalkrieket met gewone kriekettoerusting.

LANDLOOP: Seuns en dogters vanaf graad R tot 7 (0/6 tot 0/13) word geakkommodeer en afgerig. Daar is 14 spanne. Ongeveer 100 leerders neem deel. Tydens die Super 12 wen 3 spanne bronsmedaljes en die 0/13-seuns wen goud. 14 Atlete verwerf Gauteng-Noord kleure en dié 14 plus 2 individuele atlete neem deel aan die SA-kampioenskap in George.

NETBAL: 96 Dogters speel netbal vanaf 0/10 – 0/13 (12 spanne). Netbal word weereens aangewys as algehele Super 12-wenners vir 2014 (0/10A – 1e; 011 A – 1e; 0/12 A – 5e; 0/13 A – 4e). Ligawenners: 11 van die 12 spanne. Gautengkampioenskap: 0/11 A – 1e; 0/12 A – 5e; 0/13 A – 5e. Topskolekampioenskap: 0/12 A – 3e; 0/13 A – 6e. Gautengkleure: Een speler. Drie van ons skool se afrigters word as keurders en gradeerders aangewys by die Gautengproewe.

MININETBAL: Die 0/8 A – D- en 0/9 A – D-spanne het aan mininetbaltoernooie deelgeneem en het pragtig gespeel. Die 0/9 A-spannetjie het ook aan die Super 12-wedstryde deelgeneem.

TENNIS: 32 Spelers in 8 ligaspanne neem aan tennis deel. Ons privaatafrigters, wat ongeveer 80 spelers afrig, doen baie goeie werk. Die seuns behaal ‘n 3e plek tydens Super 12. Ons nommer 1-seunspeler is naaswenner van die interskolekampioenskap.

SKAAK: Skaak by Wierdapark is vir almal van graad R tot 7. Drie professionele afrigters, asook onderwysers, neem die afrigting waar. Hoogtepunte: SA Skolekampioenskap (Desember 2013): 0/13 Dogters A - 1e plek, 0/13 Eerstespan - 2e plek. Super 12: Algehele wenners 2014. Gautengkampioenskap: Dogters 0/13 A - naaswenners. ‘n Speler wen bord 1 en word as dogterspeler van die toernooi aangewys. ‘n Speler wen bord 5. Distrikskampioenskap: 0/9A - 2e, Dogters 0/13A - wenners, eerstespan - 3e. Ligawenners: 0/9A, 0/11B, 0/13A (Eerstespan), 0/13B en Dogters 0/13A (dogterseerstespan). ‘n Speler verwerf die Gautengprestasie vir die beste sportdogter in Gauteng in Februarie 2014 (vir 2013). ‘n Speler word in Julie 2014 (in Bloemfontein) aangewys as die 3e beste dogterskaakspeler in haar ouderdomsgroep in Suid-Afrika. Daar is 10 van ons spelers wat Tshwanekleure verwerf en hulle neem in Januarie 2015 in Kimberley aan die SA Junior Skaakkampioenskap deel.

PERDRY: Die ruitertal het in 2014 gegroei tot 7 ruiters. 5 ruiters word gekies vir die Gauteng-Noordspan en van hulle dring 4 deur na die Gautengspan. Ons het die G-afdeling van die SANESA Skolekompetisie gewen. Dit is die afdeling van 6 – 8 ruiters wat in die verskillende dissiplines deelneem. Ons skool het ‘n puntetotaal van 10 555 behaal.

MUURBAL: Dit was ‘n voorreg om hierdie jaar een span in die laerskoleliga te kon inskryf. Die span is in die C-liga ingeskryf waar hulle 4e geëindig het.

STOEI: Tien seuns verwerf Noord-Gauteng kleure tydens die 2014 Noord-Gauteng stoeikampioenskap. Die seuns het saam 298 punte verwerf, en Laerskool Wierdapark is die wenner van laerskolestoei in 2014. Tydens die jaarlikse skolestoeitoernooi (12 skole), het Laerskool Wierdapark ‘n 2e plek behaal. Twee seuns is genooi om vanaf 6 tot 17 November ‘n toernooi en stoeikamp in Duitsland by te woon.

4. KULTUUR

GEELBEKKIES (GRAAD 1 – 3): 70 Leerders was deel van die Geelbekkiekoor. Die koor het aan heelwat kompetisies deelgeneem en baie goed presteer.
Prestasies: ATKV: aangewys as een van Top 10 kore in die land
Super 12: Cum Laude
Centurion Kunswedstryd - afdelingswenner
Eisteddfod: ontvang goud

SENIORKOOR: Die koor het vanjaar uit 64 lede bestaan.
Prestasies: Super 12: Cum Laude met 92,44%
Pretoria Eisteddfod: Algehele wenner van seniorkoorafdeling. Gemiddeld 89% vir beide kategorie A en B. Beste Senior Laerskoolkoor
Sing in Harmonie: naaswenners

CENTURION KUNSTEFEES: Laerskool Wierdapark het baie goed gevaar tydens die Centurion Kunstefees waaraan 150 leerders van ons skool deelgeneem het. Daar was 10 afdelingswenners. Nege leerders is ook aangewys as algehele wenners en het trofees ontvang. Twee groepe, die Geelbekkies en die spreekkoor (graad 1 en 2), was ook afdelingswenners en is aangewys as die algehele wenners.

REDENAARS: Graad 2- tot 7-leerders neem deel aan redenaars in klasverband. 16 Leerders per graad is gekies om aan ‘n volgende rondte deel te neem. Ses leerders per graad is gekies om deel te neem aan ‘n prestigeaand waar ‘n eerste, tweede en derde plek in elke graad aangewys word.
Die wenners in elke graad het aan die Super 12- en ATKV-kompetisie deelgeneem. Laerskool Wierdapark word aangewys as naaswenners by Super 12. 16 Leerders neem deel aan ATKV en 6 dring deur na die semifinaal (ook genoem Gauteng-Noordfinaal.) Een van ons leerders is afdelingswenner van die landswye finaal. Dis ‘n groot prestasie wat hom en die skool te beurt val.
‘n Suksesvolle graad 1-aand met 24 leerders is in Oktober gehou.

RADIKALE REDENAARS: 31 Leerders neem deel aan hierdie kompetisie. Twee individuele sprekers word aangewys as naaswenners van die nasionale finaal. Ons graad 5- en 6-span is nasionale wenners van hul onderskeie afdelings.

VCSV (GOP): Daar is tans 900 leerders (GSF en ISF) wat aktief betrokke is by die VCSV. Tydens pouses (Maandae en Woensdae) word die kinders van God geleer deur middel van: Bybelstudies, sprekers, poppekas, drama, danse en musiek. Vanjaar het ons die volgende suksesvol aangebied: programme tydens Paasfees, Hemelvaart, die Christusfees en twee kampe. Ons het ook die EE3-kursus aangebied vir 25 kinders. Ons kinders leer en groei in Christus en ons is baie geseënd.

Mission

Ons is ten volle verbind tot die verskaffing van dinamiese moedertaalonderrig van uitnemende kwaliteit aan ons kinders binne ons gemeenskap, in vennootskap met ons ouers, deur middel van kostedoeltreffende benutting van alle hulpbronne en selfverwesenliking van al ons personeel.

Ons vaste oortuiging is om die leuse van ons skool, "ONS BOU", deel van elke leerder se lewe en wese te maak.

By Laerskool Wierdpark ontwikkel ons die kind se volle menswees. Ons leer ons kinders om verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle talente en regte.

Ons skool beskik oor gehalte opvoeders en uitstekende fasiliteite om leerders se volle potensiaal te ontwikkel. In hierdie strewe vorm ons ouergemeenskap ‘n integrale deel van die opvoedingspan.

Hoë akademiese standaarde word altyd gehandhaaf met die hulp van hoogs bekwame en kundige personeel.

Word ‘n Wierie en wees deel van die GROEN KAMPIOEN!

Impressum

GEBRUIKERSKODE VIR LAERSKOOL WIERDAPARK SE FACEBOOK-BLAD

Laerskool Wierdapark se facebook-blad vertoon ons wonderlike skool. As skoolgemeenskap wil ons graag trots wees op die inhoud van die blad en dit met vrymoedigheid met familie, vriende en ander belangstellendes kan deel.

Kom ons bou ons skool se beeld deur bydraes oor nuuswaardighede en opbouende kommentaar.

Die volgende sal nie op die blad geakkommodeer word nie: advertensies, afbrekende kommentaar, naamskending, rassisme, seksisme, navrae (oor byvoorbeeld datums, sporttye, ens.), asook inhoud wat onvanpas is of mag aanstoot gee. Daar is ander kanale waardeur u kan adverteer, u ontevredenheid uitspreek of navraag doen. Onvanpaste inhoud sal van die blad verwyder word. Die administratiewe beamptes behou die reg om enige persoon/persone wat hulself hieraan skuldig maak te blok of te rapporteer.


Algemene navrae kan gerig word aan [email protected]. Hou ook ons Communicator dop vir meer besonderhede oor ons skool se puik prestasies.

Sluit gerus by ons facebook-gemeenskap aan. Wierdas se blad is daar vir almal om te geniet!

Address: Hv Willem Botha Rylaan En Ruimteweg, 0157 Centurion (Afrique du Sud)
Phone: 0126543350
Email: az.oc.sadreiw@ofni
Parking: Lot, Street
City: Centurion
Street Number: Hv Willem Botha Rylaan En Ruimteweg
Zip Code: 0157
categories: public school, elementary school


Opening Hours

Monday: 07:30 - 13:50
Tuesday: 07:30 - 13:50
Wednesday: 07:30 - 13:50
Thursday: 07:30 - 13:50
Friday: 07:30 - 13:50


related searches: Wierda Park Primary School fees, Laerskool wierdapark centurion fees, Laerskool wierdapark centurion staff, Laerskool wierdapark centurion reviews, Laerskool wierdapark poste, Wierdapark Primary School reviews, Laerskool Wierdapark Facebook, Wierda Park Primary School uniform
Similar places near
Springvale Primary School (Centurion) : PERSEVERE! Springvale Primary School (Centurion) : PERS... 561 meter I attended Springvale from 1981 Grade 1 in those days to 1988 when I left in what use...
Springvale Primary School (Centurion) : Past Affiliates Springvale Primary School (Centurion) : Past... 565 meter Springvale Primary School has a 30 year history of excellence.All past pupils, staff ...
Wierda Park Primary School Wierda Park Primary School 1 miles The best of the best. Belive me i was there.You must visit this place.
Little Leaps School for Autism Little Leaps School for Autism 1 miles Kids with special needs are given special attention. Teachers work closely with paren...
Centurion Montessori School Centurion Montessori School 1 miles While I cannot fault their academics, they try very hard to thwart the kids' black Af...
Laerskool en Hoërskool Raslouw Laerskool en Hoërskool Raslouw 1 miles Translated by Google The opportunity my son has to be exposed to subjects early on be...
KidsBest KidsBest 1 miles KidsBest Pre-primary and Aftercare is open for registrations in 2018. The best school...
Hoërskool Eldoraigne Hoërskool Eldoraigne 1 miles Lovely School, clean with friendly children.
Maragon Private School Raslouw Maragon Private School Raslouw 1 miles The team at Junior College Raslouw put so much effort into creating a fun environment...
Sutherland High School Sutherland High School 1 miles http://www.sutherlandhs.co.za/
Blazoned Boon Art Studio Blazoned Boon Art Studio 1 miles Blazoned Boon is a friendly Art Studio located on the first floor at the Wierda 2 Cen...
Laerskool Bakenkop Laerskool Bakenkop 1 miles A very good school with great teachers and small clases with up to 30 learners in a c...
Mathematics and English Tutoring Mathematics and English Tutoring 1 miles Mathematics and English Tutoring is all about bringing huge change in every aspect of...
Kidz World Nursery School Kidz World Nursery School 1 miles Kidz World prides itself in quality care and education.
Integrity Business School Integrity Business School 1 miles Integrity Business School offers a wide variety of short courses, Software training &...
Empro Academy- Primary School Empro Academy- Primary School 1 miles I have nothing but bad things to say about this school. My son was there for 1 year a...
Eagles Karate Club Eagles Karate Club 1 miles The Eagles Karate Club is a Shotokan Karate Club in the Centurion and Pretoria area o...
PLG Raslouw College PLG Raslouw College 1 miles Grade R was a completely wasted year for my kid, when she started she could write at ...
Reviews
Such a well organised and clean study environment for 6-13 year old children. Language Afrikaans.
Best school. With high standerds. Top in Centurion
Best School ever!! I love it!
Best primary school,believe me I was there
It is the best school
Best school ever
awesome school
I'm in that school
Comment on this place