Ons is ‘n Woord-gesentreerde gemeente waar die Woord van God onvervals verkondig word en Jesus Christus verheerlik word.
Welkom by Lewende Woord Parow.
Ons verwelkom jou met die liefde van die Here!
Ons is ‘n Woord-gesentreerde gemeente waar die Woord van God onvervals verkondig word en Jesus Christus verheerlik word as die Seun van God. Jesus is ons Saligmaker, Verlosser, Here en komende Koning.
Ons gemeente aanbid die Vader van onse Here Jesus Christus deur die Gees. Sang en musiek is vir ons belangrik as 'n wyse waardeur ons tot die teenwoordigheid van God nader.
Eredienstye
Sondagoggend Erediens : 09h30
Jeugkerk / Sondagskool : 09h30
Sondagaand Feesdiens : 18h30
ONS VISIE
Die opbou en instandhouding van die gemeente vir die hele gesin.
ONS MISSIE
"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleindiging van die wêreld" (Matt 28:19-20).