We supply original artwork painted by Zandre Du Preez. We are in the process of creating the artwork into a branded range of lifestyle and clothing goods.
Ek is n Kunstenaar en op my verfdoek ontsnap ek na n wêreld van eenvoud en onskuld saam met Lumin.Haar naam kom van die Fraanse woord "Luminaire" wat Lig beteken.
My seuntjie Dante is die inspirasie vir Lumin. Hy is 3 jaar terug met Leukemie gedeagnoseer. Hy was baie dapper en het die lelike kanker draak oorwin. Daar is geen woorde wat my liefde en trotsheid vir hom kan beskryf nie.
Na die oorlog met kanker het ek myself stukkend aan die ander kant gevind. Dit was asof die seer nie wou uitkom nie. Geweef soos n sy draadjie in my siel. Die huil wou nie uitkom nie.
Een aand n jaar terug bid ek myself aan die slaap en pleit dat Hy my iets sal gee om te laat gaan van die seer Iets wat my hart net weer kan laat klop.
Net voor die Son sy strale op die aarde laat val maak iets my saggies wakker. Nie n mens of n voeltjie of n geluid nie, nee, n liggie, n gesiggie met wit rokkie en vlerkies.
Ek was dadelik wakker. Ek is trappe af na my verfhoek en dadelik begin skilder. N paar ure later le sy voor my op die tafel en net daar in daardie oomblik kom le daar n stukkie vrede op my siel en n warm traan drip van my wang en saam dit n druppel seer.
Ek wou haar deel met die wêreld. Sodat sy vir ander kan doen wat sy vir my doen. So is sy gebore.
Daar is iets omtrent Lumin wat mense na haar toe trek, wat hulle gelukkig maak en hoop gee. Ek is maar net die persoon wat die verfkwas vas hou.
Omdat Kanker myven Maryke (Earth Angel)so persoonlik aangeraak het. Het ons besluit ons wil graag n gedeelte van due wins skenk vir die Cupcakes for Hope foundation.
My hoop is dat elke skildery die vrede, gelukkigheid en vrede sal bring vir die persoon wat haar huis toe vat.
Ek wil jou ook uitnooi om n kunswerk saam my te skep wat persoonlik is vir jou. N woord of gesegte, miskien is daar n datum of kleur wat vir jou betekenis het. Daar is dalk n Bybel vers wat jou deur moeilike tye kry. Daar is dalk iemand wat n stukkie lig in hulle lewe kort.
Elke oorspronklike skildery kry haar eie Act en Scene wat ek nooit weer herhaal nie.
Oorspronklike geraamde skilderye van af R250 (A5) tot R550 (A4)
Blok skilderye ongeraamd (A4) R450
Blok skilderye ongeraamd (A3) R690
Blok skilderye ongeraamd (A1) R990
Ander grotes kan versoek word.
Magnete en sleutelhouers vanaf R10.
Bestellings kan geplaas word deur n boodskap op Life of Lumin Facebook blad te stuur.