Ons vertrou dat jy reeds baie welkom voel in die Hervormde Kerk Verwoerdburg.
Ons vertrou dat jy reeds baie welkom voel in die Hervormde Kerk Verwoerdburg. Jy sal vind dat die geestelike
toerusting van lidmate vir ons ‘n baie hoë prioriteit is. Kom maak die reis met ons mee en láát jou toerus,
sodat jy ook soos ‘n boom wat by waterstrome staan, kan groei en ontwikkel om ‘n verskil te maak in die
lewes van mense rondom jou.
Ons gemeente is 'n boom wat geanker is in die Lewende Water; wat vrugte van geloof dra;
en wat skaduwee bied vir die vermoeides