'n Baie gesellige oefen ruimte vir ieder en elk - oud en jonk. Ons sal sorg dat jy jou nodige oefen sessie inkry, en al jou doelwitte bereik!
Benodig jy rehabilitasie? Of is jy opsoek na 'n uitdaging? Biokinetika is die plek om fiks, fris en gesond te word! Hier is 'n wye verskeidenheid apparate om van gebruik te maak, asook die beste advies om jou in die regte rigting te wys. Daar is altyd iemand om jou aan te spoor as jou gemoed laag daal!