Edaneg bied verblyf in selfsorg-eenhede wat ideaal is vir sakelui, vakansiereisigers, besoekers wat in Bloemfontein is vir 'n funksie, sportgeleentheid of 'n hospitaalbesoek. Die rustige atmosfeer en unieke geriewe sal jou onmiddellik tuis laat voel.
Edaneg bied verblyf in selfsorg-eenhede wat ideaal is vir sakelui en vakansiereisigers. Dit is ook ideaal vir besoekers wat in Bloemfontein is vir 'n funksie, sportgeleentheid of 'n hospitaalbesoek. Die rustige atmosfeer en unieke geriewe sal jou onmiddellik tuis laat voel. Edaneg is gerieflik en sentraal geleë in Universitas, net 500 m vanaf die Universiteit en Universitas Hospitaal, en 1,5 km van die rugby- en krieketstadion af.
Akkommodasie is beskikbaar in selfsorg-eenhede met slaapplek vir onderskeidelik 3,4 en 5 gaste. Elke eenheid is gerieflik en individueel gemeubeleer en sluit kombuisgeriewe en 'n TV in.
Edaneg is die ideale keuse vir gesinne, sakelui en enkelreisigers wat op soek is na gerieflike, huislike verblyf in Bloemfontein.