facebooktwitterpinterest

Reviews, get directions and information for Granny's Pies

Granny's Pies

About

Granny's Pies, net soos ouma dit gemaak het.

Description

Ek , my man Johan en tiener seun het einde 2007 van Tzaneen na Parys verhuis, as “werklose ma “ en “ pensionaris pa”. Ek was die trotse eienaar van ‘n algemene handelaarswinkel in Tzaneen, en nadat hy en die klein hoewe waar ons gebly het, verkoop is, het ons op Parys besluit, nader aan ons albei se ouers en kinders in Pretoria.

Ek was nog veels te jonk om af te tree, en besluit toe om honde beskuitjies te bak. Twee weke later het net gemufde koekies oorgebly. Ek onthou toe skielik my ma het vir ons as kinders pasteie gebak. Sy word toe onmiddelik geskakel (in Vereeniging) en gee vir my die resep oor die foon. Met een kilogram maalvleis word die eerste pasteie toe gebak en die deeg word sommer met ‘n lee wynbottel gerol.

Ons het glad nie mense in Parys geken nie, behalwe die eiendomsagent deur wie ons die huis gekoop het. Sy was toe ook my eerste fynproewer. Vir die eerste twee maande het ek net pasteie uitgedeel vir almal om te proe totad ek die potensiaal raakgesien het vir ‘n besigheid en gebid dat die Here my moet wys waar ek dit moet verkoop. So het dit “geloofspasteie” geword.

Die kombuis is groter gebou, later is die buite kamer ingerig as bakery en toe die ook te klein was het ons uiteindelik na twee jaar, ‘n perseel in die dorp gekry waarin ek nogsteeds is. Elke ses maande is ‘n vertrek by gehuur soos wat die aanvraag groter geword het.

Ek en Johan het saam self bemarking gaan doen, en so het Grannys gegroei dat ons nou al 6 500 dosyn pasteie en 300 kg maalvleis ‘n week bak. Van die 15 werknemers is 4 al agt jaar saam met die besigheid. Ons versprei so ver as Potchefstroom, Klerksdorp, Sasolburg, Vanderbijlpark, Vereeniging en al drie President Hypers.

Hier is sekere produkte soos koeksisters, beskuit, dadelhappies en jaffels wat ons by plaaslike verskaffers en tuisteskeppers aankoop omdat ons nie tyd het om alles te bak nie en sodoende hulle ook ondersteun. Ons hoofproduk is die cocktail pasteie maar ons bak ook groter pasteie soos “pepper steak” “Cornish” “beef and onion” “steak and kidney” en “chicken.” Daarby bak ons ook ons eie melkterte, soutterte, kaasstrooitjies en natuurlik die heerlikste peuselborde. Donderdae word boerebrode gebak en as jy later as 12uur hier is, is alles uitverkoop!


Die geheim van my sukses is omdat ek God toegelaat het om die vermoe wat hy my gegee het, en dit waaroor ek beskik, elke dag tot my voordeel te kan gebruik en kan benut. Met toewyding, geduld, geloof en deursettingsvermoe het ek ‘n alledaagse resep gebruik en hom buitengewoon goed gedoen. Ek lewe vir vandag, droom oor more, en leer uit gister.

Address: 48 Bree Street, 9585 Parys
Phone: 0761171364
Email: az.oc.seipsynnarg@ttelram
Parking: Lot
City: Parys
Street Number: 48 Bree Street
Zip Code: 9585
categories: bakery


Similar places near
Hoi Polloi Hoi Polloi 470 meter Really good lunch. Quaint aesthetic, with an escape room feel. Place is packed with v...
Butterfield Bakery Butterfield Bakery 530 meter
Butterfield Bread Butterfield Bread 795 meter
Claudia's  Bakery Claudia's Bakery 1 miles Bakery based in Parys that specialises in themed cakes for birthdays or any other spe...
Albany Bakeries Albany Bakeries 24 miles Fast delivery, and the place is busy upgrading the Security systems.
Abilea Bakery Abilea Bakery 25 miles Fresh bread, pies,buns, vetkoek with fillings and surprises daily
Tutu Cupcakes Tutu Cupcakes 26 miles Affordable Cupcakes, Dainty Cakes, Party Bags, Customised Quotes, Thank You Gifts, Sp...
Bakealicious Creative Cakes Bakealicious Creative Cakes 26 miles Ready for all your occassions from baby showers, anniversaries, birthdays ,engagement...
Chabelle's Cake Creations Chabelle's Cake Creations 26 miles Seriously addictive cakes and cupcakes. We're a cakery not a bakery!
Eileen's Cakes & Sugar Flowers Eileen's Cakes & Sugar Flowers 26 miles Professionally made Speciality Cakes, Cupcakes with or without Toppers, Custom Cakes,...
Homemade Bakery Homemade Bakery 26 miles Monday to Friday, 9:00am - 5pm on Saturday, Sunday and public holidays CLOSED / Pleas...
Evarton Evarton 33 miles
Rikaluz Bakery Rikaluz Bakery 38 miles Cakes who do not like cakes
Wafelhuys Wafelhuys 53 miles "Stroopwafel" is a unique type of cookie that has been around since 1810 in its nativ...
Saambak Bakkery Saambak Bakkery 61 miles "Bakkery and Take Away"
Reviews
Friendly staff ..closest you 'll get to homebake goodness. Taste South African favourites from Hertzoggies Biltong happies melktert beskuit and koffiekoekies and freshly homebaked pies ..platters are also available on demand. Great stop when visting this beautifull little town Parys
Everything seem to be flowing smoothly here
The best pies i all of the land! A must visit when you go to Parys
No milk service good
Good wholesome pies
Good dependable
Translated by Google The most amazing most delicious food. You must not drive past to buy the best Granny Pie. Original Die wonderlikste heerlikste eetgoed. Jy mag nie verby ry nie gaan koop die beste Granny Pastei.
Translated by Google Nice fresh good service !!!! Original Lekker vars goeie diens!!!!
Comment on this place