Hoërskool Punt High in Mossel Bay Western Cape South Africa
1.Die Hoërskool Punt is 'n gevestigde skool wat sedert 1921 in diens van die gemeenskap van Mosselbaai staan met die strewe om die kind as geheel te ontwikkel.
2.Die skool is 'n publieke skool. Die onderrignorme en -vereistes word deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement bepaal. Die belange van ouers word op plaaslike vlak behartig deur 'n Beheerliggaam waarvan die meerderheid lede deur ouers uit eie geledere verkies word.
3.Die skool beskik oor die dienste van 'n toegewyde, energieke en ten volle gekwalifiseerde personeel.
4.Die skool word in 'n moderne gebou gehuisves wat die mooiste uitsig in die land het.
5.Naas die gewone georganiseerde
bedrywighede word sporttoere, leierskampe en opvoedkundige uitstappies gereeld onderneem.
6.'n Bedrywige en dinamiese Ouer-Onderwysersvereniging lewer 'n waardevolle bydrae tot verskillende projekte in die skool.