Die plaas Ubukhulu het sy ontstaan gehad in 2006 en is in die Alexandria distrik in die Oos-kaap. Alexandria word gekenmerk as een van die hardste hartwatergebiede in die land. Die naam Ubukhulu omskryf die grootsheid van God se skepping, die diversiteit van die natuur, Fauna en Flora en die Kronkelende Boesmansrivier wat die plaas omvorm.
Meeste vlakte spesies en skaarser wild bewei die plaas as heersers van die vlaktes en bos. Die ryk voellewe is kenmerkend en die ongeskonde pragtige natuurskoon van die Oos-kaap bos steel jou hart. Die Knysna Loerie, Gekroonde Neushoringvoel, Lepelaar, Hamerkop, Sekretarisvoel,Gompou en verskeie Arend soorte kom hier voor.
Ubukhulu spesialisieer met verskeie skaars wildsoorte en kleurvariasies. Bontebokke van die beste genetika pronk sierlik as predikante van die veld en is Ubukhulu bekend vir sy pragtige uitsoek Goue wildebeeste. Verskeie kleure hartwater springbokke steel jou hart met hul pronkverwelkoming. Swart rooibokke kleur die veld en is verrassend mooi op die pragtige groen grasvlaktes. Ubukhulu teel met van die beste genetika en spog deurentyd om net die beste kwailiteit diere vir die mark beskikbaar te stel.