Vure wat manhoog brand, spitte wat soos soldate penorent staan, groente wat deur hul vuurdoop gaan. Vuurdansers, musikante, lugbalonne, dansende mense.
Hierdie September gaan ons braai soos die Argentyne braai. Groot vure. Spitte, heel hoenders, skape, varke - als wat jy oor 'n braai kan trek of voor hom laat staan gaan gestaan of begrawe word. Daarby kom musiek, lekker mense, geselsies, kompetisies, sterrekyk, stap in die veld en sommer net lekker Tankwa tyd. Spring in jou kar, bakkie of op jou motorfiets en kom join ons