Ingemaakte goedere, tuisgebak, vleis verwerking en verkope asook decor items soos ouma en ma dit nog gemaak het!
Die Rooi Dak Skuur kan opgesom word in een woord - boeremark. Ons onderneming behels ingelegte goed, vleis, vleis verwerking, tuisgebak, hekel komberse, plekmatjies, tafeldoek gewigte, krale werk en verskeie ander dekor items. Klein bottels chutney of konfyt kan ook bestel word as dankie geskenke vir troues of funksies. Ons beskik oor 'n volledige slaghuis en kan dus wild verwerking ook doen
Ons ingemaakte goed is ook beskikbaar by
Little Egypt (Vanderbijlpark)
Bestellings kan deur die blad, epos of per telefoon gemaak word. Geen advertensies mag geplaas word deur ander persone nie. Die skuldige partye sal verwyder word