facebooktwitterpinterest

Reviews, get directions and information for EG Kerk Benoni - Evangelies Gereformeerde Kerk

EG Kerk Benoni - Evangelies Gereformeerde Kerk

About

Die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika is 'n lewenskragtige evangeliese kerk wat op 'n Gereformeerde grondslag berus.

Description

LEUSE: SO Sê die HERE"


Die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika is 'n lewenskragtige evangeliese kerk wat op gereformeerde grondslag berus. Moontlik het u nog nooit met die Kerk kennis gemaak nie. Dit mag selfs wees dat u nog nooit van die Kerk gehoor het nie. Deur verdraaide of gebrekkige inligting mag dit wees dat u 'n verkeerde begrip omtrent die Kerk het.


Ons beskou dit as 'n besondere voorreg om u langs hierdie weg in te lig en beter kennis te laat maak met die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika.

1. Die ontstaan van die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika

Die Kerk is gestig op 21 April 1944 deur 49 kerkraadslede van die N.G. Kerk, Smithstraat, Durban, onder die naam "Die Nuwe Protestantse Kerk in Afrika". Op 18 Augustus 1986 is die naam van die Kerk deur die Sinode verander na die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika. Die rede vir die naamsverandering was die voortdurende verwarring en assosiëring van die Kerk met die Pinksterkerke, terwyl die Kerk baie duidelik in die gereformeerde stroom is, maar met 'n sterk evangeliese karakter. Daar is gemeentes in al nege die provinsies van Suid-Afrika. Kenmerkend van die Kerk is die eenvoudige en verstaanbare boodskap wat onder inspirasie van die Heilige Gees na die mens gebring word onder die leuse "So sê die Here".

2. Die grondslag van die Kerk

Hierdie kerk is gefundeer op die Heilige Skrif, die onfeilbare Woord van God. Die leer wat die Kerk, op grond van God's Woord bely, is evangelies-gereformeerd en dit word uitgedruk in sy evangeliese belydenis en ook die gereformeerde belydenisskrifte, nl. Die Drie Formuliere van Enigheid. Die Kerk aanvaar die Formuliere as ondergeskik aan die Woord van God.

3. Die Boodskap wat die Kerk verkondig

Tereg kan saam met die apostel Paulus gesê word: "Want ek het my voorgeneem om niks onder julle te wees nie as Jesus Christus en Hom as gekruisigde". Die boodskap wat deur die Kerk uitgedra word sluit die volgende in:

3.1 Die verlossing van verlore sondaars (Efes. 1:7) en dat 'n mens in hierdie lewe sekerheid van saligheid kan bekom. (1 Joh. 3:15)
3.2 Die vervulling met die Heilige Gees (Efes. 5:18) en die noodsaaklikheid van die heiligmaking wat die wil van God is vir sy kinders. (1 Thes. 4:7-8)
3.3 Die persoonlike wederkoms van Jesus Christus voor die duisendjarige vrederyk. (1 Thes. 4:16-17, Open. 19:20)
3.4 Die genesing van die kranke liggaam, wat impliseer dat God vandag nog siekes genees op grond van die versoening van Christus Jesus. (Matt. 8:17-19)

Mission

Die kerk stel hom die volgende ten doel.

1. Om die Drie-Enige God te verheerlik asook om sy Koninkryk uit te brei.
2. Om die suiwere vrymakende evangelie, wat in staat is om te red en lewens te verander, met ywer in die krag van die Heilige Gees te verkondig. Ons doel is dus om die evangelie tot sy reg te laat kom, nl. Om mense eers vertikaal met God te versoen en dus hulle verhouding met God reg te stel. 'n Veranderde hart en 'n nuwe lewe lei dan noodwendig tot 'n horisontale versoening en 'n gepaardgaande beter verhouding tussen mense.
3. Om die oorspronklike Protestantse beginsels te beskerm en met nuwe krag te verkondig en uit te lewe. Om nie net in naam Protestants te wees nie, maar in wese, deur voortdurende protes teen die gees van die tyd, sonde, vervalsing, afvalligheid en dwaalleringe aan te teken soos die Protestanse Hervormers teen die misbruike van hulle tyd.
4. Om voortdurend te streef na vernuwing, asook varsheid van getuienis, ondervinding en boodskap, om daardeur te waak teen verval in dooie formalisme. Dat leersuiwerheid gepaard moet gaan met egte lewensvroomheid.
5. Om hom te beywer vir die kragtige uitbreiding van die Kerk van Christus en dit word vermag deur kinders van die Here op te roep tot ware Bybelse heiligmaking en vervulling met die Heilige Gees en so toe te rus vir hulle dienswerk.
6. Om as Kerk dinamies te wees vir ons tyd en om in die geestelike behoeftes en nood van mense te voorsien.
7. Om ware tuiste te wees vir die evangelies gesinde gelowiges wie se erns dit is om geestelik te groei en die Here te dien in 'n evangelies-gereformeerde atmosfeer, waarin die Heilige Gees werksaam is.
8. Om elke gelowige binne die Kerk ruimte te gee om met sy/haar besondere gawes te werk vir uitbreiding van die koninkryk van God in die wêreld, d.w.s. 'n egte belewenis vir aktiewe deurleefde Christenskap.
9. Om die gemeente in die algemeen en elke lidmaat afsonderlik effektief te versorg deur middel van persoonlike belangstelling in toegespitste ampsbediening van leraar en kerkraad in getroue huisbesoek en voorbidding.
10. Om die getroue toepassing van die norme van die Woord van God te handhaaf.

Address: 49 11th Avenue, Northmead, 1501 Benoni, Gauteng, South Africa
Phone: 0114256496
Email: gro.inonebkrekge@neemegla
Parking: Street
City: Benoni
Street Number: 49 11th Avenue, Northmead
Zip Code: 1501
categories: religious organization



related searches: Gereformeerde kerk benoni polsslag, Wat glo die gereformeerde kerk, Wat glo die hervormde kerk
Similar places near
BARC - Benoni Animal Rescue Centre BARC - Benoni Animal Rescue Centre 512 meter Went there to adopted a furry baby. When we got there they were very friendly. We did...
Apricot Tree Apricot Tree 785 meter Absolutely loved being able to experience and witness how much the educators care abo...
The Greater Benoni Child Welfare The Greater Benoni Child Welfare 836 meter Overall, just a great and heart warming experience
Angel Touch Beauty Salon - 100% Natural & Organic Angel Touch Beauty Salon - 100% Natural & Or... 860 meter Tatianathe owner is amazing talented hair stylist and her staff too . Im very sure s...
ALPHA NORTHFIELD ALPHA NORTHFIELD 898 meter We desperately need another permanent minister .we are loosing too many of our memb...
Mighty Wings Life Centre Mighty Wings Life Centre 901 meter Effective and pocket friendly rehabilitation program. The dedication, but also no-non...
Northfield Methodist Church Northfield Methodist Church 904 meter An absolute beautiful, spiritual place of worship. Where family gather, to Praise and...
EnDeo Familiekerk EnDeo Familiekerk 923 meter Awesome church that seeks God with all within them.I see Jesus transforming people ev...
Hans Moore- Mooriewerf Hans Moore- Mooriewerf 1 miles Top High school great work and care for learners
Eagles Embassy Eagles Embassy 1 miles Great community of believers.
The 100% Foundation The 100% Foundation 1 miles THE 100% FOUNDATION actively sources funding and executes projects to build infrastru...
Apostolic Movement International South Africa Apostolic Movement International South Afric... 1 miles The people here are lovely. They have great coffee too!
Trinity Gospel and Help Group Trinity Gospel and Help Group 1 miles Inspiring messages, Pray and Help group.
Benoni Northerns Sports Club Benoni Northerns Sports Club 1 miles I don't think this place has ever hosted an event that has not been a huge success. F...
Benoni Licensing Department Benoni Licensing Department 1 miles Testing for license renewal license excluded. People in there are bad... not all, but...
SAPS Benoni Academy Rhyn n Elly SAPS Benoni Academy Rhyn n Elly 1 miles Great place great food.
Meet Best & Powerful Sangoma Meet Best & Powerful Sangoma 1 miles Friendly personnel. They advised some delicious dishes. The restaurant looks nice and...
Benoni Home Affairs Benoni Home Affairs 1 miles Wow! What an amazing seamless experience. Hats off to the new booking system for Id a...
Reviews
Best place to be
Disciples of JESUS CHRIST
Translated by Google If from God's word alone is preached here!!! Original Als uit God se woord aleenlik word hier verkondig!!!
Translated by Google Best place to hear the truth Original Beste plek om die waarheid te hoor
Translated by Google The best messages your soul needs Original Die beste boodskappe wat jou siel nodig het
Translated by Google Fantastic thanks. Original Fantasties dankie.
Translated by Google Hear the Word and Truth... Original Die Woord en waarheid hoor..
Translated by Google Truth, away and life Original Waarheid, weg en lewe
Translated by Google Believe Original Geloof
Comment on this place